Alle ‘spietkops’ word hier afgedank

Foto: Wikimedia

Foto: Wikimedia

Die hele departement van verkeer word ontbind en alle verkeersbeamptes se dienste word beëindig in ʼn groot poging van die Oekraïne om van sy korrupte verkeersbeamptes ontslae te raak.

Die Oekraïne se verkeersbeamptes is bekend daarvoor dat hulle motoriste lukraak aftrek en omkoopgeld eis vir werklike sowel as gewaande verkeersoortredings.

’n Hele nuwe diens word op die been gebring, geskoei op ’n model wat in Georgië geïmplementeer is. Georgië het ook ’n erg korrupte verkeerspolisiemag gehad.

Die aksie maak deel uit van die Oekraïne se nasionale poging om korrupsie hok te slaan. Korrupsie het endemies geword toe die land deel was van die Sowjet-unie.

Die Oekraïne beklee die 142ste plek uit 175 lande op die korrupsiepersepsie-indeks.

Volledige artikel: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Malinda ·

Amper raak ek bly toe ek begin lees, maar toe sien ek dis nie Suid-Afrika nie.

Hannes ·

Ek stel voor hul doen dit met die hele staatsdiens en huur ‘n ander land om ons te regeer. Dit sal minder kos!! Ag, ek kan maar droom!!

Berhalet Beukes ·

Puik idee vir SA om hulle voorbeeld te volg in Kempton aspekte van die gereg!

Berhalet Beukes ·

Puik idee vir SA om hul voorbeeld in alle aspekte van die gereg te volg!

nico ·

Vergeet dit een korrupte sal nie n ander een afdank nie sous trein moet loop

johan ·

Ja, amper was ek omgewonde. Dink net as ons die anc regerende party kan afdank en nie-korrupte mense kan aanstel om die land van ons te bestuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.