Die Oekraïne se verkeersbeamptes is bekend daarvoor dat hulle motoriste lukraak aftrek en omkoopgeld eis vir werklike sowel as gewaande verkeersoortredings.
’n Hele nuwe diens word op die been gebring, geskoei op ’n model wat in Georgië geïmplementeer is. Georgië het ook ’n erg korrupte verkeerspolisiemag gehad.
Die aksie maak deel uit van die Oekraïne se nasionale poging om korrupsie hok te slaan. Korrupsie het endemies geword toe die land deel was van die Sowjet-unie.
Die Oekraïne beklee die 142ste plek uit 175 lande op die korrupsiepersepsie-indeks.
Volledige artikel: Christian Science Monitor
Goeie Idee. Ons moet dit in Suid Afrika ook doen.
Amper raak ek bly toe ek begin lees, maar toe sien ek dis nie Suid-Afrika nie.
Ek stel voor hul doen dit met die hele staatsdiens en huur ‘n ander land om ons te regeer. Dit sal minder kos!! Ag, ek kan maar droom!!
Puik idee vir SA om hulle voorbeeld te volg in Kempton aspekte van die gereg!
Puik idee vir SA om hul voorbeeld in alle aspekte van die gereg te volg!
Vergeet dit een korrupte sal nie n ander een afdank nie sous trein moet loop
Ja, amper was ek omgewonde. Dink net as ons die anc regerende party kan afdank en nie-korrupte mense kan aanstel om die land van ons te bestuur.
Watter posisie beklee ons op die korrupsielys ?
Ek sal ook graag wil weet.
Ons haal nie die lys nie. Iemand het dit gesteel…
Kan maar net droom…………