Alpe-vliegramp: Medevlieënier had psigiatriese probleme

'n Gedenkdiens is naby die ongelukstoneel gehou. foto: Facebook

‘n Gedenkdiens is naby die ongelukstoneel gehou. foto: Facebook

Volgens berigte wat nou die wêreldmedia haal, blyk dit dat die medevlieënier van die Germanwings-vliegtuig, wat glo die vliegtuig doelbewus in die suide van Frankryk laat neerstort het, ’n lang geskiedenis van psigiatriese probleme gehad het.

Sy opleiding as vlieënier is volgens hierdie berigte herhaalde kere weens depressie- en angsaanvalle onderbreek, terwyl hy ses jaar gelede 18 maande lank weens depressie in ’n inrigting opgeneem is.

Die berig is in verskeie Nederlandse koerante gedra, maar Trouw het die berig, kort nadat dit op sy webwerf geplaas is, weer onttrek. Soortgelyke berigte is in verskeie Engelse en Duitse koerante gedra.

Intussen berig die Duitse media dat die polisie die medevlieënier, Andreas Lubitz, se huis, asook sy ouers se huis vir leidrade deursoek het. ʼn Belangrike leidraad is na berig word gevind, maar die polisie weier om meer besonderhede daaroor bekend te maak voor dit nie ondersoek is nie.

Meer inligting in de Volkskrant en Focus-Online.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eduard ·

“Alpe-vliegramp: Medevlieënier had psigiatriese probleme”

Iets lyk nie reg in die opskrif nie .

SNEL ·

Vraag is…hoe de hoenders kan hulle so sielsiek mens (hulle het geweet van sy toestand) met so baie mense se lewens toevertrou? Dink daar moet beslis beter beheer toegepas word om te kyk watter tipe mens hulle in daai poste aanstel en hul huidige vlieëniers moet hersien word en die met sulke geraamtes in die kas moet maar hul tasse pak. Baie onskuldige mense het hier hul lewens onnodig verloor deur een simpel ou en klomp gesinne en families is nou in hartseer gedompel.

Herman Toerien ·

Volgens die jongste berigte was die leidraad wat die polisie in sy huis gekry het, opgeskeurde doktersverslae. Hy was ook Dinsdag “afgeboek” deur ‘n dokter, maar het dit vir die werkgewer weggesteek. Daar is nog vaaghede oor die aard van die gesondheidsprobleme. Die algemene indruk is egter dat die man baie dinge vir sy werkgewer weggesteek het.

Hector Jooste ·

Ja, en dit is presies (net op ‘n veel groter skaal) waarmee die mense van Suid-Afrika opgeskeep sit al vir die afgelope 20 jaar waar die bestuur van die land in die hande van ‘n klomp onbevoegde barbare gelaat word. Die hordes plaasmoorde, ‘n haas mislukkende ekonomie en idiotiese uitsprake en optredes betreffende standbeelde, die name van skole, strate en dorpe terwyl dorpsbesture en gesonde onderwysbestuur basies glad nie meer in SA bestaan nie, is die bewys van hierdie waansin. Dus, die tragedie van die neergestorte vlug van German Wings en die oorsaak daarvan, is sprekend van ‘n soortgelyke tragedie wat op ‘n veel groter skaal besig is om af te speel in SA.

CHRISTA ·

Dis jammer sy werkgewer het nie liewer vir hom ‘n administratiewe pos in die maatskappy aangebied nadat sy opleiding herhaalde kere avg depressie en angsaanvalle onderbreek moes word nie. Daar moes klaar vir hulle ‘n lig opgegaan het!

jakes ·

DUIDELIK was hy onbevoeg- die persoon of persone wat hom beskerm en in sy pos gehou het is verantwoordelik vir hierdie tragedie. IEMAND moes mos stappe neem of het hul die ANC ge copy en paste? Sien doen en hoor niks.

Drieks ·

Hector Jooste, ek stem 100 % saam. Ons almal in hierdie land is uitgelewer aan groot gevaar en niemand gryp in nie. Suid Afrika gaan val.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.