Alpe-vliegramp: Medevlieënier het vliegtuig glo ‘aspris’ laat neerstort

Argieffoto van 'n Airbus A319 van German Wings-lugredery (Foto: imgkid)

Argieffoto van ‘n Airbus A319 van German Wings-lugredery (Foto: imgkid)

ʼn Franse staatsaanklaer het Donderdag tydens ʼn regstreekse perskonferensie bekend gemaak dat die medevlieënier van ʼn Germanwings-vliegtuig glo doelbewus die vliegtuig laat daal en die dood van 150 mense veroorsaak het.

Volgens Brice Robin, staatsaanklaer van Marseille, was die medevlieënier, Andreas Lubitz (28), alleen in die kajuit van die Airbus A320 toe die vlieënier sy nood moes verlig. Lubitz, van Duitsland, het egter geweier om die vlieënier weer in die kajuit toe te laat en het ʼn knoppie gedruk wat die vliegtuig laat daal het.

Robin het ook die laaste 30 minute van die kajuit-opname bekend gemaak om te bepaal wat in die laaste halfuur van die vlug plaasgevind het. Tydens die eerste 20 minute gesels die vlieënier en Lubitz vriendelik met mekaar waarna Lubitz die vliegtuig oorneem wanneer die vlieënier moet opstaan “omdat die natuur roep”.

Lubitz versnel dan die vliegtuig se daling deur middel van die moniteringstelsel. Robin het dit as “ʼn vrywillige aksie” beskryf.

Tydens die laaste 10 minute van die opname versoek die vlieënier Lubitz ʼn paar keer om die deur oop te maak sodat hy toegang kan bekom tot die kajuit. Hy klop aan die deur, maar daar is geen reaksie nie. Lubitz se asemhaling is egter duidelik hoorbaar op die opname tot die impak.

Robin het dit benadruk dat Lubitz nie bekend is as ʼn terroris nie. “Ek dink hy het geweier om die deur oop te maak en het die knoppie gedraai om die vliegtuig te laat daal. Die medevlieënier het vrywillig opgetree. Hy is nie bekend as ʼn terroris nie, glad nie.”

Hy het gesê die moontlikheid dat Lubitz wou selfmoord pleeg kan nie uitgesluit word nie. Lubitz se familie het reeds Marseille verlaat.

Die Airbus A320 van Germanwings, ʼn dogtersmaatskappy van Lufthansa, het Dinsdag in klaarblyklik goeie weerstoestande naby Prads-Haute-Bleone neergestort. Daar was 144 passasiers en ses bemanningslede aan boord Vlug 4U 9525 onderweg van Barcelona in Spanje na Düsseldorf in Duitsland.

Lees alle vorige berigte oor Germanwings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish! ·

Ek kan dit nie glo nie. Wonder of is daar nie dalk ‘n mediese rede vir die optrede nie. Dalk ‘n tipe aanval of iets gekry? Ek weet niks van vliegtuie nie, maar word die kajuit normaalweg gesluit as een van die vlieeniers die kajuit verlaat?
Hoekom ander se lewe neem as jyself wil selfmoord pleeg?

jakes ·

Regtig skokkend. Se’ nou ‘n gewroegde/ affirman action pilot? 1 wat kwaad is vir v Riebeeck of Rodes? Dan val almal buite Howich enroute Jhb to Dbn?

Dave ·

Die deur na die kajuit word as standaard gesluit om meer redes maar grootliks as teenvoeter vir kapings.

Peter Says ·

n Ander se motiewe is duister. As dit wel die geval is, is dit barbaars.

Charles ·

Nou hoe is sy familie so vinnig daar weg het hulle dalk iets geweet iets klink nie lekker

Deacon D ·

daar moet om geen omstandighede net een persoon in die kajuit wees nie. Wat as die enkel persoon in die kajuit ‘n hartaanval kry of vir een of ander mediese rede ineenstort? Dis dom as jy my vra.

Theresa ·

Goeie genugtig. Dis vreeslik. Sulke goed maak mens benoud. Jy is so “uitgelewer” aan ander se optrede. Hoe in die liewe lewe kan jy nou ooit so iets verwag. Ek hoop elkeen wat aan ‘n vliegtuig se stuurwiel vat – word VOOR ELKE vlug deur ‘n masjien gedruk wat jou sielkundig toets om te kyk of jy “gesond” is.

Nina ·

Dis bitter hartseer dat soveel ander saam hom moes sterf! Sterkte aan almal betrokke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.