Twee reusagtige aardbewings wat betreklik naby aan mekaar in die Amasone-woud voorgekom het, en elk 7,6 gemeet het, bring die totale aardbewings vanjaar van magnitude 7 of sterker, op 18 te staan.
Die afgelope dekade het nog net 2010 (21) en 2011 (19) meer aardbewings van hierdie sterkte opgelewer.
Die een aardbewing het op Brasiliaanse grondgebied plaasgevind, en die ander op Peruviaanse grondgebied, sowat vyf minute na mekaar. Beide se episentrum was besonder diep – meer as 600 kilometer diep, wat skade sou beperk. Dit is in onherbergsame woudgebied, en die naaste nedersettings is ook sowat 200 kilometer van die episentrums af weg.
Minstens een van die aardbewings is tot in noordelike Chili gevoel.
Bron: USGS