Ambassadeur dood in Senegal aangetref

Trudy Stevenson. Foto: ANA

Trudy Stevenson, Zimbabwe se ambassadeur in Senegal en Gambië, is Vrydag dood in haar woning in Dakar aangetref.

Die 73-jarige diplomaat is na wat berig word deur haar chauffeur in haar woning aangetref toe hy vir werk aangemeld het.

Zimbabwe se departement vir buitelandse sake het haar dood bevestig, maar kon nie meer besonderhede oor haar dood bekend maak nie en het gesê die regering moet nog met haar familie in verbinding tree.

“Ons sal ʼn amptelike aankondig doen sodra ons met hulle in verbinding was,” het die departement gesê.

Stevenson, ʼn stigterslid van die MDC-opposisieparty, is in 2009 as ambassadeur in Senegal en Gambië aangestel. Sy was die enigste oorblywende politieke figuur van Zanu PF se opposisie wat in ʼn diplomatieke pos gedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.