Amerika geruk deur nog ʼn skoolskietery, talle dood

Dimitrios Pagourtzis. Foto: Reuters-Photostream.

Tien mense is dood en tien beseer toe ʼn skieter Vrydag op ʼn hoërskool in Santa Fe in Texas losgebrand het.

Die New York Times berig Dimitrios Pagourtzis (17) is reeds in aanhouding. Hy het glo die wapens onder sy jas weggesteek voor hy losgebrand het.

CNN berig Pagourtzis het glo in ʼn verklaring gesê dat hy mense van wie hy gehou het se lewe gespaar het en net dié geskiet het van wie hy nie hou nie. Mark Henry, streekslanddros in Galveston, het gesê hy werk tot dusver saam met die polisie.

Nege van die slagoffers was glo leerders en een ʼn onderwyser. Hy het omstreeks 07:30 glo ʼn haelgeweer en ʼn rewolwer gebruik om die skietery mee uit te voer.

Wetstoepassingsagentskappe het aan CNN gesê daar is later ploftoestelle soos pypbomme en drukkokers in en om die skool aangetref. Volgens Henry was die toestelle nie in ‘n werkende toestand nie.

Daymon Rabbon, ʼn leerder, was in een van die klaskamers toe dit plaasgevind het. “Jy kon hoor hoe hy nader kom; almal het gehuil, net absoluut gehúil in algehele ongeloof.”

Independent.co.uk berig pres. Donald Trump het die skietery as hartverskeurend bestempel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Gawie

Dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

kat ·

mmmm jy sien dit is wat trump se die imigrante daai van se vir jou hy is nie n amerikaner nie maar sy ouers kom van ander lande af so stem saam trump send them back

Gerhard ·

Dit is hoe dit lyk in Amerikaanse skole vandat die Here nie meer welkom is in die skole,jy vat die lig weg dan kom die duisternis.

Henko ·

Indien die onderwysers bewapen was, is ek seker een van hulle kon hom vroegtydig doodgeskiet het.

Bernard Hellberg ·

Die Amerikaners het nie ‘landdroste’ nie – dis regters

jaco ·

Hy is nou wel die kind van immigrante, maar sy naam is darem nie Abdul Hussein wat met ‘n slenterslag van “ek is ‘n refugee wat in my eie land bedreig word” nie. So die skieter se motief is ook nie om “die Christene en Jode” vir al hulle “sondes” te straf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.