Amerika laat val ‘grootste bom’ op Isis-tonnels

Argieffoto van die GBU-43B, of “Massive Ordnance Air Blast”-bom, Amerika se grootste nie-kernbom
Foto: Eglin-lugmagbasis via AP

Die Pentagon het Donderdag gesê hy het ʼn groot bom in Afghanistan gebruik op ʼn tonnelkompleks van die Islamitiese Staat in Nangarhar-provinsie.

Die GBU-43-bom, ʼn “Massive Ordnance Air Blast”-bom (MOAB) en gevolglik ook bekend as die “Mother Of All Bombs”, is om 19:32 (1502 GMT) op die tonnelkompleks laat val “as deel van voortgesette pogings om Isis-K in 2017 te verslaan”, aldus die persverklaring.

“Die aanval is ontwerp om die risiko aan Afgaanse en Amerikaanse magte te minimaliseer deur skoonmaakoperasies in die gebied, terwyl die verwoesting van Isis-K-stryders en fasiliteite gemaksimaliseer word,” lui die persverklaring wat ʼn alternatiewe akroniem vir die Islamitiese Staat gebruik.

Die nagenoeg 10 000 kg MOAB-toestel word deur GPS gelei en is Amerika se grootste nie-kernbom. Dit ontplof voor dit die grond bereik om die ontploffingsradius te vergroot, berig Fox News.

Die weermag assesseer tans die skade, berig CNN.

Dit is nie Amerika se grootste konvensionele bom nie, berig The Guardian. Dit sal die “Massive Ordnance Penetrator GBU-57” wees.

Sien ʼn video van die History Channel oor die bom en ʼn proeflopie in 2003:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maklam ·

Mooi so Trump, jy is n probleemoplosser, jy doen in plaas van ewige praat soos ander politici.

Dirk Breytenbach ·

Mooi so! Jy daag nie by ‘n skietgeveg op met ‘n knipmes nie.

John ·

trUmp gaan volgens sekere post-leuen-bronne na bewering nog chemikaliee wat die vervaldatum nader op versoek van sy nuut gevonde opgezoopte hiperaktiewe vriende vinnig opgebruik of andersins moontlik ‘n groot uitverkoping hou soos slim ryk sakemanne mos gereeld doen… Die Saoedi’s lief glo Westerse wapen-winkels…. en ruil glo ook graag Arabier-resiesperde vir waarde…

E. Müller ·

Volgens Edward Snowden van Wikileaks is dit die tonnels wat die CIA in die 1980’s vir die taliban mujahedeen gebou het in Amerika se geveg teen Russiese besetting van Afghanistan. Die konstruksiemaatskappy was die Saudi Binladen Group, Osama Bin Laden se pa se maatskappy en Osama het help bou. Trump help eintlik vir ISIS. Ek voel maar jammer vir al die Afrikaners wat hul hoop en vertroue op Trump of enige ander mens sit. Vertrou op God!

Justice ·

Amper so vernietigend soos ons eie Zuma ongeleide balistiese misiel.

Kabous ·

So Maroela Media – my EIE mense – wil julle REGTIG aan alle mense die geleentheid gee om hul menings te lug?

Of moet daai menings inpas by JULLE sienings?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.