Amerika se verdeelde uitslag

Die Amerikaanse president, Donald Trump. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Die VSA is meer polities verdeeld as ooit nadat die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers oorgeneem het terwyl die Republikeine hul posisie in die Senaat versterk het.

Wat wesenlik gebeur het, is dat die Amerikaanse platteland meer Republikeins geraak het, die stede meer Demokraties, en dat die Demokrate die Republikeine ontsetel het in voorstedelike Amerika.

Wat dit beteken in die aanloop tot 2020 is dat pres. Donald Trump sy posisie versterk het in die state waar hy reeds sterk is, en teruggesak het in gebiede waar hy nie sterk is nie – die essensie van ‘n verdelende politikus.

Voorts beteken dit vir die 2020-verkiesing dat die meeste state onmededingend is. Van die grootste state is net Florida mededingend, maar nogmaals het die Republikeine net-net gewen, met senator Bill Nelson wat verloor het teen die uittredende goewerneur van Florida, Rick Scott.

Nelson is een van verskeie senatore van die Demokratiese Party wat in die stof gebyt het. Ook in Indiana, Noord-Dakota en Missouri is die Demokrate ontsetel.

Dit beteken, meer as ooit, dat die 2020-presidentsverkiesing geveg gaan word in die Midwestelike industriële state wat gewoonlik Demokraties stem, maar waar die wit werkersklas in 2016 vir Trump gestem het (Michigan, Pennsilvanië en dele van Wisconsin en Indiana) asook in Florida.

In hierdie Midwestelike state (wat vir Trump die verskil gemaak het in 2016) is Trump se posisie swakker as tevore, en in die res van die land is daar nie veel van ʼn wedloop nie – die Republikeine én die Demokrate staan baie sterk in die onderskeie deelstate waar hulle ʼn meerderheid het.

Een Trump-staat waar die Republikeine teruggesak het, is Arizona. Die senaatsetel daar (tot dusver Republikeins) se uitslag is so naby dat dit eers Donderdagaand verwag word.

Wat dit vir Trump beteken, is dat dit moeiliker gaan word om te regeer as wat dit tot dusver was, want die Republikeine het nou vir die eerste keer in sy presidentskap nie beheer oor die Huis van Verteenwoordigers nie.

Met beheer oor die Huis van Verteenwoordigers kan die Demokrate verskeie ondersoeke teen Trump van stapel stuur, en met so ʼn omstrede president is dit nie moeilik nie.

Waar die senaatuitslae vir die Republikeine goed lyk, sal Demokrate opgewonde wees dat hulle sowat tien persent van die setels in die Huis van Verteenwoordigers by die Republikeine kon afneem – sonder uitsondering in snel groeiende voorstedelike gebiede – ʼn stempunt om uit te skep vir die toekoms.

Een ding is seker – ná die 2018-midtermynverkiesings is Amerika verdeeld langs presies dieselfde politieke lyne as tevore, maar des te meer – wat ʼn giftiger verkiesing as ooit voorspel in 2020 wanneer Trump gaan probeer om as president herkies te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Hendrik UAE ·

Lyk my die Amerikaners is ook maar dom -onnosel en weet nie watter kant is hulle brood gebotter nie.Werkskepping die hoogte in en werkloosheid baie laer.Maar nee ,die klomp verkies dat terroriste en plunderaars welkom is in hulle land.

Sarie ·

Meer liberales in Amerika in die stede en dis hulle wat in weelde leef en sê hulle gee om vir die armes. Wil nie eintlik hê die armes moet werk nie maar leef van ander se sweet. Hulle sal ook eerder arm lande in Afrika help as hul eie armes

John ·

Dis duidelik dat Jan-Jan soos die liberale pers agv die geslaagde aanval op Trump hom as die vlieg in die salf sien… verdelend en onbekwaam. Waar die probleem werklik begin het en hoe dit aan die lewe gehou word en die uiteindelike gevolge is nie ter sake nie, of wat is die ideale droom-toekoms wat hierdie mense op hoop? Die rolprentweergawe van die VSA-paradys? Met Trump uitgeboelie sal plaasaanvalle hier bv net nie bestaan nie en radikale transformasie van ons ekonomie; die wen-resep wees en armoede en hongersnood verdwyn en die begin van ‘n globale nuwe wereld waar die hiernamaals hier en nou bereik gaan word… hemels vir al die triljoene #meme’s wat hot en haar trek agter drome aan. Gelukkig sal ons klein bevolking dan kan aangroei met nog 100 milj. Jippee!

Rupert Ashford ·

Ek hoop nie jy is verbaas oor jou eerste sin nie. Hy IS die liberale pers van jongs af al!!!

Thinus ·

Amerikaners gaan nog jammer wees dat die linkses, liberale en demokrate so blind is en alles gaan afbreek wat die Trump administrasie opgebou het. Dis teleurstellend hoe angstig die demokrate is om hul eie land en kultuur wil vernietig. Trump moet George Soros en al sy trawante aankla vir hoogverraad en die lot almal tronk toe stuur.

Jerry ·

Wel, wel, wel, ek en Jan_Jan was toe al die tyd reg. My vooruitskatting vir 2020 is dat indien Trump nog daar gaan wees en nie voor die tyd gefire word nie, dat hy nie die pyp gaan rook nie. Die negatiewe invloed daarvan op regse groeperinge in SA is voor die hand liggend dat speeltyd amper verstreke is. Julle het twee jaar, as julle gelukkig is om julle volkstaat te kry vir selfbeskikking en afsonderlike ontwikkelling anders gaan julle noodgedwonge moet versoen en Suid Afrikaners moet raak. Fluit, fluit, die storie is uit!

Sarie ·

Niks wat wonders het gebeur nie. Die uislae is omtrent dieselfde as in die verlede gedurende die midterm verkiesings. Die demokrate onder Obama het ook 60 setels in die vorige een verloor (dink meer as onder Trump nou)en dit sonder ‘n karavaan of ‘n Blasey-Ford geval wat die Republikeine vir hom opgestel het. Waar Joubert reg is die Amerikaners is nog meer verdeeld as te vore. Wat ook insiggewend is dat die senatore wat Brett Kavanaugh teengestaan het almal hul setels verloor het.

OS ·

Thinus, jy droom ou maat. Trump het niks opgebou nie. Inteendeel, Amerika is tans die grap in die wereld. Daai oranje man verdeel Ameika meer as ooit vantevore.

Johann ·

Nee OS, Trump het baie meer goed as sleg vir Amerika gedoen. Linkse pers maak hom uit as ‘n grap. Sou hy oor twee jaar verloor, sien ek ‘n nuwe “Europa” in die VSA. Derduisende sogenaamde “asielsoekers” gaan die grense oorstroom! Mark my words!

Wessel ·

Dit is eintlik die Demokrate en die Linkse media wat Amerika verdeel. Kyk bietjie na “Trump @ war” video.

Wessel ·

Die resultate, van die Replublikeine, is verstommend ten spyte van die aanslag van die linkse media op Trump.

Rupert Ashford ·

En al die dollars wat gespandeer is op die Democrats…

Willem ·

As die groei in die snelgroeiende voorstedelike gebiede in Amerika veroorsaak word deur die toestroming van dieselfde segment van die bevolking as wat in Suid-Afrika die geval is,
is dit nie vreemd dat die Demokrate in sulke gebiede steun gewen het nie.

Xavier ·

Die huis van verteenwoordigers word elke twee jaar gekies. Hulle kom en gaan, en ja, hulle gaan lastig wees. Vir die volgende twee jaar gaan hulle uitsluitlik daarop fokus om Trump soveel as moontlik te frustreer ten koste van Amerika.

Die senaat daarenteen is senatore, wat vir ses jaar verkies word en hulle besluite is dus lang termyn. Dit is ook belangriker besluite. Dit is hoekom Trump deurentyd daarop gefokus bly. Oor die volgende twee jaar, gaan die senaat veranderings aanbring, wat dekades en selfs eeue na Trump vergete is, nog steeds Amerika se koers bepaal.

Magaretha van heerden ·

Wat n treurige dag. Die satan wat mense omkoop om te stem teen Trump. Dis duidelik uit die talle jong mense, vrouens (wat woedend is vir die mans) en veral die Hispanics. Soros is weereens agter alles saam met die duiwelse liberals in USA. Nou is die tyd wat daar nog met meer erns vir Trump gebid moet word. Die feministe het die wereld oorgevat en niemand se iets nie. Trump het sover nog net goed gedoen vir USA en dit is wat hy kry. Is dit nie duidelik wie agter dit alles is nie. As daar mooi gekyk word sal ons sien baie is betaal soos wat met die sg protesoptogte gebeur. So sad!

Werner ·

Jerry as ons regses twee jaar het het ons al die tyd in die wêreld soos ANC nou aangaan en die dreigemente van land first black first en eff het hierdie land nie n jaar kans nie

nico k ·

Ek kan nie glo daar is mense wat glo dat Trump voordeel vir SA inhou nie!

Janet ·

Dis dieselfde mense wat blykbaar ook green probleem het met die korrupsie en nepotisme in die Trump-administrasie nie. Of met Trump se uitsprake wat geweld aanhits nie. Snaaks hoe hulle dan kla as dieselfde in Suid-Afrika gebeur.

Andre C ·

Die mense wat van Trump hou kyk na die werkskepping syfers en die feit dat hy nie wil toelaat dat die mense wat vir hom stem deur massas immigrante benadeel word nie.Hulle wil dat hul belastings tot hul en hul land se voordeel aangewend word en “the rule of law” toegepas word,nie die “rule of the mobs nie. SA kort n Trump ,kyk wie het Brasiliane verkies

Janet ·

Die Brasiliaanse president het dit duidelik gestel dat hy grond van inheemse groepe – minderheidsgroepe – wil wegvat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.