Amerika se verdeelde uitslag

Die Amerikaanse president, Donald Trump. (Foto: Ting Shen, Xinhua)

Die VSA is meer polities verdeeld as ooit nadat die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers oorgeneem het terwyl die Republikeine hul posisie in die Senaat versterk het.

Wat wesenlik gebeur het, is dat die Amerikaanse platteland meer Republikeins geraak het, die stede meer Demokraties, en dat die Demokrate die Republikeine ontsetel het in voorstedelike Amerika.

Wat dit beteken in die aanloop tot 2020 is dat pres. Donald Trump sy posisie versterk het in die state waar hy reeds sterk is, en teruggesak het in gebiede waar hy nie sterk is nie – die essensie van ‘n verdelende politikus.

Voorts beteken dit vir die 2020-verkiesing dat die meeste state onmededingend is. Van die grootste state is net Florida mededingend, maar nogmaals het die Republikeine net-net gewen, met senator Bill Nelson wat verloor het teen die uittredende goewerneur van Florida, Rick Scott.

Nelson is een van verskeie senatore van die Demokratiese Party wat in die stof gebyt het. Ook in Indiana, Noord-Dakota en Missouri is die Demokrate ontsetel.

Dit beteken, meer as ooit, dat die 2020-presidentsverkiesing geveg gaan word in die Midwestelike industriële state wat gewoonlik Demokraties stem, maar waar die wit werkersklas in 2016 vir Trump gestem het (Michigan, Pennsilvanië en dele van Wisconsin en Indiana) asook in Florida.

In hierdie Midwestelike state (wat vir Trump die verskil gemaak het in 2016) is Trump se posisie swakker as tevore, en in die res van die land is daar nie veel van ʼn wedloop nie – die Republikeine én die Demokrate staan baie sterk in die onderskeie deelstate waar hulle ʼn meerderheid het.

Een Trump-staat waar die Republikeine teruggesak het, is Arizona. Die senaatsetel daar (tot dusver Republikeins) se uitslag is so naby dat dit eers Donderdagaand verwag word.

Wat dit vir Trump beteken, is dat dit moeiliker gaan word om te regeer as wat dit tot dusver was, want die Republikeine het nou vir die eerste keer in sy presidentskap nie beheer oor die Huis van Verteenwoordigers nie.

Met beheer oor die Huis van Verteenwoordigers kan die Demokrate verskeie ondersoeke teen Trump van stapel stuur, en met so ʼn omstrede president is dit nie moeilik nie.

Waar die senaatuitslae vir die Republikeine goed lyk, sal Demokrate opgewonde wees dat hulle sowat tien persent van die setels in die Huis van Verteenwoordigers by die Republikeine kon afneem – sonder uitsondering in snel groeiende voorstedelike gebiede – ʼn stempunt om uit te skep vir die toekoms.

Een ding is seker – ná die 2018-midtermynverkiesings is Amerika verdeeld langs presies dieselfde politieke lyne as tevore, maar des te meer – wat ʼn giftiger verkiesing as ooit voorspel in 2020 wanneer Trump gaan probeer om as president herkies te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik UAE

Lyk my die Amerikaners is ook maar dom -onnosel en weet nie watter kant is hulle brood gebotter nie.Werkskepping die hoogte in en werkloosheid baie laer.Maar nee ,die klomp verkies dat terroriste en plunderaars welkom is in hulle land.

John

Dis duidelik dat Jan-Jan soos die liberale pers agv die geslaagde aanval op Trump hom as die vlieg in die salf sien… verdelend en onbekwaam. Waar die probleem werklik begin het en hoe dit aan die lewe gehou word en die uiteindelike gevolge is nie ter sake nie, of wat is die ideale droom-toekoms wat hierdie mense op hoop? Die rolprentweergawe van die VSA-paradys? Met Trump uitgeboelie sal plaasaanvalle hier bv net nie bestaan nie en radikale transformasie van ons ekonomie; die wen-resep wees en armoede en hongersnood verdwyn en die begin van ‘n globale nuwe wereld waar die hiernamaals… Lees meer »

R Grobler

Amen!

Thinus

Amerikaners gaan nog jammer wees dat die linkses, liberale en demokrate so blind is en alles gaan afbreek wat die Trump administrasie opgebou het. Dis teleurstellend hoe angstig die demokrate is om hul eie land en kultuur wil vernietig. Trump moet George Soros en al sy trawante aankla vir hoogverraad en die lot almal tronk toe stuur.

Jerry

Wel, wel, wel, ek en Jan_Jan was toe al die tyd reg. My vooruitskatting vir 2020 is dat indien Trump nog daar gaan wees en nie voor die tyd gefire word nie, dat hy nie die pyp gaan rook nie. Die negatiewe invloed daarvan op regse groeperinge in SA is voor die hand liggend dat speeltyd amper verstreke is. Julle het twee jaar, as julle gelukkig is om julle volkstaat te kry vir selfbeskikking en afsonderlike ontwikkelling anders gaan julle noodgedwonge moet versoen en Suid Afrikaners moet raak. Fluit, fluit, die storie is uit!