Amerikaanse betogers brand standbeeld van konfederale generaal

Een van die standbeelde is aan ‘n lamppaal gehang. (Foto: Robert Willett/The News & Observer via AP)

Betogers het Vrydagaand die enigste standbeeld van ʼn konfederale generaal in die land se hoofstad met kettings van sy voetstuk afgetrek en toe aan die brand gesteek.

Jillende betogers het op en af gespring terwyl die standbeeld van Albert Pike – in kettings vasgedaai – op sy hoë granietvoetstuk begin wieg en toe agteroor in ʼn stofwolk neergeslaan het. Betogers het daarna ʼn vuur gemaak en rondom die brandende standbeeld gedreunsing “no justice, no peace” en “no racist police”.

Volgens ooggetuies was daar polisielede op die toneel, maar hulle het nie by die oproer ingegryp nie. Pres. Donald Trump het kort daarna oor die voorval getwiet en die burgemeester van Washington DC, Muriel Browser, daarvan beskuldig dat die polisie nie hulle werk doen nie en toegekyk het hoe ʼn standbeeld omgetrek word.

Trump het onmiddellike inhegtenisnemings geëis.

Jubelende betogers het Trump se twiet oor ʼn mikrofoon gelees en gejuig. Nadat die standbeeld omgetrek is, het die meeste betogers weer vreedsaam na Lafayette Park, naby die Withuis, teruggekeer.

Die Albert Pike-standbeeld nadat betogers dit omgetrek en aan die brand gesteek het. (Foto: Maya Alleruzzo/AP)

Die Pike-standbeeld is al jare lank omstrede. Die voormalige konfederale leier was ook ʼn invloedryke leier van die Vrymesselaars. Die organisasie het vir die standbeeld betaal en dit is opgerig op voorwaarde dat hy in burgerlike drag, en nie in ʼn weermaguniform nie, uitgebeeld word. Pike se kritici beskuldig hom gereeld daarvan dat hy stigterslid van die Ku Klux Klan was, maar die Messelaars ontken dit.

In Raleigh, Noord-Carolina, het betogers ook ʼn gedeelte van ʼn konfederale monument beskadig en een van die platgetrekte standbeelde van ʼn lamppaal gehang.

Betogers het toue gebruik om die standbeelde van twee konfederale soldate, wat deel van ʼn groter obelisk in Raleigh vorm, om te gooi.

Die polisie het vroeër die aand betogers se aanvanklike pogings om die standbeelde om te trek gestuit, maar nadat die polisie uit die gebied onttrek het, het betogers op die obelisk geklim en die standbeelde omgestoot.

Die Pike-standbeeld nadat dit omgetrek is. (Foto: Maya Alleruzzo/AP)

Hulle het dit daarna in ʼn straat af gesleep en ʼn tou gebruik om een van die figure aan sy nek van ʼn lamppaal te hang. Die ander standbeeld is na die hofgebou gesleep. Vroeër in die dag het honderde betogers opgeruk in protes teen polisiewreedheid, asook ter viering van die emansipasie van Afro-Amerikaners uit slawerny.

Rassespanning in die VSA duur voort ná die dood van George Floyd verlede maand.

ʼn Video het gewys hoe ʼn wit polisiebeampte nagenoeg agt minute lank sy knie op Floyd, ʼn swart man wat vasgeboei was, se keel gedruk het. Die polisiebeampte, Derek Chauvin, is intussen van moord aangekla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Oros Soros ·

Dit moet seker lekker gaan as George Soros se fronte die gespuis betaal, dan is hulle tot enigiets in staat. Die kulturele Taliban gaan alles begin aanval, van die Bybel, jou eetgewoontes, jou liedere, prosa, poësie, jou eetgewoontes (vleis vs vegan), ja tot wat jy moet aantrek. Hierdie is maar net die begin en die snaakste van alles: Die Corona virus versprei nie wanneer diegene bymekaar kom of standbeelde verwoes nie.

JohanR ·

“Every record has been destroyed or falsified, every book has been re-written, every picture has been re-painted, every statue and street and building has been re-named, every date has been altered. And that process is continuing day by day and minute by minute. History has stopped. Nothing exists except an endless present in which the Party is always right.” George Orwell- 1984

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Hoeveel miljoene swartmense van Afrika is nie oor honderde jare deur swartmense van Afrika gevang, verslaaf en aan buitelandse slawehandelaars vanaf menigde lande verkwansel nie? Sies! Sies! Sies!

Mallie ·

Mr Trump welcome to my world. This sounds like South Africa.

Mariette ·

Dit lyk of die dae van standbeelde getel is. Miljoene gaan in die oprig daarvan. Rig liewers huise, hospitale en geboue op en vernoem dit na ‘n persoon. Dan kan die volgende anti-alles bewind dit net hernoem. Dis nou as dit nie met die volgende protes afgebrand word nie.

daniel ·

Het die federale regering nie die reg om in te tree waar misdadigheid voorkom as die staat
self niks aan die situasie kan of wil doen nie?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.