
Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook
Die 13-jarige Cecil is vroeër vandeesmaand uit die Hwange Nasionale Park gelok en toe met ’n pyl en boog gekwes. Die jagters het die gewonde leeu twee dae lank gevolg voordat hy uiteindelik doodgeskiet is. Sy vel is verwyder en sy kop as ʼn trofee afgesny.
Die jagter is geïdentifiseer as Walter James Palmer, ’n tandarts en ervare trofeejagter. Hy het glo $50 000 betaal om die leeu te skiet. Palmer se tandheelkunde-praktyk se webtuiste en Facebook-profiel is Dinsdag verwyder ná ’n stortvloed kritiek.

Foto: Twitter
’n Professionele jagter in Zimbabwe, Theo Bronkhorst, en die grondeienaar Honest Ndlovu word intussen aangekla in verband met die jag.
Palmer het intussen in ʼn verklaring sy optrede geregverdig. “Ek het verskeie professionele gidse gehuur en hulle het al die behoorlike permitte verseker. Volgens my kennis was alles omtrent die reis wettig, behoorlik hanteer en uitgevoer. Ek het geen idee gehad dat die leeu wat ek platgetrek het, ’n plaaslike bekende was en deel van ʼn studie was nie.” Volgens Palmer het dit eers later onder sy aandag gekom.
“Ek is nog nie deur die owerhede in Zimbabwe of die VSA gekontak oor die situasie nie, maar sal hulle bystaan met enige navrae wat hulle het. Weer eens betreur ek dit dat ʼn aktiwiteit waarvoor ek lief is en verantwoordelik en wettig uitvoer, gelei het tot die dood van die leeu.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Word wakker, tandarts… Dis Afrika, niks is wettig as jy dit nie self doen nie!!!
Moroon. Mag hy kry wat hom toekom. Sy verskonings beteken NIKS. Dis alom bekend wie en wat hy regtig is en wat hy al voorheen ook gedoen het.
Wie dink die jagtes,is hulle nou eintlik. ñ “Man”?Kinders van 8 jaar oud en selfs jonger kan die selfde “job” doen as jy.Dit is ook in elkgeval nie jy nie,dit is die geweer en enige persoon wat ñ geweer kan vashou,kan enige dier van muis tot olifant doodskiet.Daar is nou letterlik geen kuns daaraan verbonde nie.Jy het nie eers “verstand” nodig daarvoor nie.Dit is meskien iets wat die tiepe jagters nie het nie en dit is verstand.Mense of eintlik jagters met verstand skiet nie wild soos bv. olifante,renosters,leeus ens. nie, bloot net vir die plessier daarvan nie. Kan die jagters… Lees meer »