Amerikaanse jagter verdedig jag op Cecil, die leeu

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Cecil die leeu Foto: Zimparks, Facebook

Die Amerikaanse tandarts wat glo Cecil, Zimbabwe se bekende leeu, geskiet het, loop erg deur op sosiale media.

Die 13-jarige Cecil is vroeër vandeesmaand uit die Hwange Nasionale Park gelok en toe met ’n pyl en boog gekwes. Die jagters het die gewonde leeu twee dae lank gevolg voordat hy uiteindelik doodgeskiet is. Sy vel is verwyder en sy kop as ʼn trofee afgesny.

Die jagter is geïdentifiseer as Walter James Palmer, ’n tandarts en ervare trofeejagter. Hy het glo $50 000 betaal om die leeu te skiet. Palmer se tandheelkunde-praktyk se webtuiste en Facebook-profiel is Dinsdag verwyder ná ’n stortvloed kritiek.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Mense het intussen ook sagtespeelgoed en plakkate voor sy spreekkamer in Minnesota geplaas. ʼn Aanlynpetisie is ook begin wat eis dat daar geregtigheid vir Cecil moet wees. Meer as 95 000 mense het reeds die petisie onderteken.

’n Professionele jagter in Zimbabwe, Theo Bronkhorst, en die grondeienaar Honest Ndlovu word intussen aangekla in verband met die jag.

Palmer het intussen in ʼn verklaring sy optrede geregverdig. “Ek het verskeie professionele gidse gehuur en hulle het al die behoorlike permitte verseker. Volgens my kennis was alles omtrent die reis wettig, behoorlik hanteer en uitgevoer. Ek het geen idee gehad dat die leeu wat ek platgetrek het, ’n plaaslike bekende was en deel van ʼn studie was nie.” Volgens Palmer het dit eers later onder sy aandag gekom.

“Ek is nog nie deur die owerhede in Zimbabwe of die VSA gekontak oor die situasie nie, maar sal hulle bystaan met enige navrae wat hulle het. Weer eens betreur ek dit dat ʼn aktiwiteit waarvoor ek lief is en verantwoordelik en wettig uitvoer, gelei het tot die dood van die leeu.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Narike ·

Word wakker, tandarts… Dis Afrika, niks is wettig as jy dit nie self doen nie!!!

Elfie ·

Moroon. Mag hy kry wat hom toekom. Sy verskonings beteken NIKS. Dis alom bekend wie en wat hy regtig is en wat hy al voorheen ook gedoen het.

Marius ·

Wie dink die jagtes,is hulle nou eintlik. ñ “Man”?Kinders van 8 jaar oud en selfs jonger kan die selfde “job” doen as jy.Dit is ook in elkgeval nie jy nie,dit is die geweer en enige persoon wat ñ geweer kan vashou,kan enige dier van muis tot olifant doodskiet.Daar is nou letterlik geen kuns daaraan verbonde nie.Jy het nie eers “verstand” nodig daarvoor nie.Dit is meskien iets wat die tiepe jagters nie het nie en dit is verstand.Mense of eintlik jagters met verstand skiet nie wild soos bv. olifante,renosters,leeus ens. nie, bloot net vir die plessier daarvan nie.
Kan die jagters net vir ons menslike mense sê, wat is nou so lekker daar aan om ñ leeu te skiet.As dit nou vir jou ñ adrenalien “rush” gee,probeer eerder “bungee jumping” en spaar ñ leeu.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.