Amerikaanse kameraman met ebola “in goeie luim”

Ebola-virus

Ebola-virus

Die ouers van ʼn Amerikaanse vryskutkameraman wat met ebola gediagnoseer is, het gesê hulle seun is in goeie luim.

“Natuurlik is hy bang en bekommerd,” het dr. Mitchel Levy gesê oor sy seun Ashoka Mukpo. Hy het as kameraman gewerk vir dr. Nancy Snyderman, NBC se hoof mediese redakteur en korrespondent in Liberië.

Mukpo (33) het behandeling ontvang in Monrovia, die hoofstad van Liberië, maar sou Sondag na Amerika teruggekeer het vir verdere mediese sorg. Snyderman en haar verslagspan gaan intussen ook na Amerika terugkeer en sal vir 21 dae in isolasie geplaas word.

Mukpo het die afgelope drie jaar in Liberië gewerk.

Thomas Eric Duncan, die eerste persoon wat in Amerika met ebola gediagnoseer is, is intussen in ʼn kritieke toestand. Duncan het onlangs van Liberië na die Amerikaanse deelstaat Texas gereis.

Meer as 6 570 mense het reeds in Wes-Afrika ebola opgedoen en nagenoeg 3 100 mense is reeds dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.