Amerikaanse regering steeds “gesluit”

donald-trump-001-deur-gage-skidmore-flickr

President Donald Trump. Foto: Gage Skidmore/Flickr.com.

Die Amerikaanse regering sal Maandag vir die derde dag “gesluit” wees aangesien die senaat se onderhandelaars nie laat Sondagaand ʼn ooreenkoms kon bereik rakende federale besteding nie.

Die senaat sou Sondag om middernag stem om tydelike regeringsfinansiering beskikbaar te maak wat duisende federale werknemers sou toelaat om terug te keer werk toe. Befondsing vir federale agentskappe het Vrydag om middernag gestop omdat daar nie ʼn ooreenkoms bereik kon word nie. Die Demokrate eis dat besteding jong immigrante, wat as “dromers” bekend staan, moet insluit.

Reuters berig Mitch McConnell, die leier van die senaat, het ook vir die Demokrate ʼn spreekwoordelike olyftak as hand van versoening aangebied deur voor te stel dat die immigrasie-debat in Februarie op die vloer gedebatteer word indien die kwessie nie teen daardie tyd uitgestryk is nie.

“Dit sal my bedoeling wees om aan te beweeg na wetgewing wat Deferred Action for Childhood Arrivals (DACA), grensveiligheid en verwante sake sal aanspreek,” het McConnell gesê en bygevoeg dit is ook sy bedoeling om wetgewing oor verhoogde verdedigingsuitgawes, rampverligting en ander belangrike sake dan aan te spreek.

AP berig dít volg na ure se praatjies tussen die leiers en die gewone wetgewers oor hoe om ʼn einde te bring aan die wetgewende disfunksie wat Vrydagaand begin het nadat Demokrate ʼn tydelike bestedingsmaatreël blokkeer het. Die Demokrate het dié bestedingswetsontwerp gebruik om konsessies te wen, insluitend die beskerming van sowat 700 000 “dromers”.

Dit was nie duidelik of genoeg Demokrate Maandag sal stem om die tydelike finansieringswetsontwerp van krag te maak en ʼn einde te bring aan die regering se sluiting nie.

Reuters berig die “sluiting” beteken wesenlik dat Trump sy tweede jaar as president sonder ʼn funksionerende regering begin het. Die finansiering is steeds nie hernu nie.

Die Demokrate het geëis dat Trump hou by sy vorige ooreenkoms dat hy “dromers” van deportasie sal beskerm.

Republikeine het toenemend vol selfvertroue voorgekom dat die Demokrate later onder die druk sal swik, veral omdat die meeste kritiek op hulle gerig is.

AP berig verder Demokrate het aanvanklik hakke ingeslaan oor die immigrasie-kwessie, maar het nou begin om die beweerde onbekwaamheid van die Republikeine en Trump te blameer vir die sluiting van die regering. Dit wil voorkom of hulle sensitief is daaroor om deur stemmers gesien te word as bereid om die regeringsoperasies in die moeilikheid te laat beland omdat hulle immigrante wil beskerm.

Volgens ʼn beampte van die Withuis het Trump gereelde kontak met Republikeinse leiers, maar het hy glo nog nie uitgereik na enige Demokrate nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

slim ·

stuur die dromers huistoe did hulle wat netmoeilikheid maak…

Nico K ·

Nerens in enige van die berigte is presies gesê wat die dooiepunt veroorsaak het nie. In een van die kommentare is genoem van ‘n tweederde meerderheid wat iewers nodig was. Ek sal graag meer duidelikheid wil kry oor waar die probleem lê.

Landsverraaier ·

Die senaat moes stem om die begroting deuur te sit, maar dit verg 60 uit 100 stemme. Omdat die demokrate nie hul sin kry om onwettige immigrante permanente status te gee nie, weier hulle om vir die begroting te stem. Net die US kongres mag besteding goedkeur , dus is die regering sonder geld om te kan funksioneer, al het die huidige samestelling van die senaat ‘n meerderheid republikeine. Die demokrate is besig om hul hand lelik te oorspeel.

Andre Cornelissen ·

Slim ek stem saam,spandeer eerder die belastingbetaler se geld op die land se eie mense wat swaar kry.

Vermeende ·

Ek stem saam Trump en sy regering, stuur die dromers huis toe, n ekonomie groei deur harde werk en nie droome droom nie.

Waarheid ·

Geen haas ….tyd sal dié wat móét loop genoeg kans gee…mnr T weet hoe werk demokratte se koppe.

Callie ·

Die siek politiek korrekte wereld het baie Trumps nodig. Gee hom alle ondersteuning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.