Amerikaanse regering weer oop ná ooreenkoms

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

Die drie dae lange sluiting van die Amerikaanse regering het Maandag tot ʼn einde gekom toe Demokrate ingestem het om staat te maak op Mitch McConnell, die leier van die senaat, se woord.

Wetgewers het ooreengekom om die regering tot 8 Februarie te finansier ná McConnell onderneem het om dán die status van “dromers”, immigrante wat onwettig as kinders in die land ingebring is, te bespreek.

McConnell het in ʼn toespraak met noukeurig gekose woorde gesê dit is sy bedoeling om aandag te gee aan die “dreamer”-kwessie. Hy het nie ʼn spesifieke belofte rondom die kwessie gemaak nie en het ook bygevoeg dat hy nie enigiets sou aanbied indien die regering weer tot stilstand gedwing word nie.

“Ek is bly dat Demokrate in die kongres tot hul sinne gekom het,” het pres. Donald Trump in ʼn verklaring gesê. Trump het Maandagaand die tydelike finansieringswetsontwerp onderteken.

Trump het onderneem om te werk aan ʼn oplossing vir die probleem van “baie onregverdige onwettige immigrasie”.

Nie alle Demokrate was egter gelukkig met die uitkoms nie. Ander het gesê hulle het onrustig geraak oor die voortslepende sluiting met min optimisme om dié dooiepunt in die komende dae op te los.

Liberale aktiviste het kort na die aankondiging die ooreenkoms veroordeel.

Die invloed van die sluiting wat Vrydagaand om middernag begin het, was minimaal. Dit het grootliks net groot onsekerheid vir duisende federale werkers geskep in terme van wat die week sou inhou, maar het uiteindelik slegs werksaamhede Maandag beïnvloed.

Maroela Media het vroeër berig die senaat sou Sondag om middernag stem om tydelike regeringsfinansiering beskikbaar te maak wat duisende federale werknemers sou toelaat om terug te keer werk toe. Finansiering vir federale agentskappe is Vrydag om middernag beëindig omdat geen ooreenkoms bereik kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rupert Ashford ·

Hulle is niks meer belowe as voor Vrydag nie. Hierdie was ‘n moedswillige PR truuk wat hulle gesien het hulle seermaak onder die kiesers en toe kapituleer hulle. Pres Trump vra dat daar ‘n ordentlike stuk wetgewing deurgevoer word om met die situasie te handel met begin en eindpunt eerder as Obama se “free for all” fiasko. Wat is verkeerd daarmee?

PJC ·

Ek sou presies dieselfde doen as ek in Donald Trump se skoene was. Hoop hy kry dit deurgevoer.

Jacques venter ·

Let wel. Trump kan en sal moontlik finansiële hulp aan SA inkort. So moenie so gou hiep hiep hoera. Trump skreeu noe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.