Amerikaanse sendeling se oorskot steeds op eiland

John Allen Chau was ’n avonturier wat lief was vir die natuur. Hy het dit op 17 November op Noord-Sentineleiland gewaag om die stamlede tot die Christelike geloof te bekeer, maar het aan ’n wrede einde gekom. Foto: Facebook

Dis nog onbekend wanneer en óf die Indiese owerheid weer sal probeer om ʼn jong Amerikaner wat gedood is toe hy die oeroue stam op Noord-Sentineleiland wou bekeer, se liggaam van die eiland in die Andamansee te verwyder. Hulle het verlede Vrydag laas ʼn vergeefse poging aangewend.

Ná John Chau se dood het die plaaslike polisie drie keer na die eiland gevaar om te kyk of hulle die sendeling se liggaam kan verwyder. Die Sentinelese stam van nagenoeg 100 siele het die 26-jarige op 17 November doodgemaak nadat hy die eiland betree het waarop hulle reeds duisende jare grotendeels ongestoord woon, berig The News Minute.

Die Noord-Sentineleiland is die tuiste van ‘n oeroue stam wat so vyandig jeens buitestaanders gesind is, niemand waag dit op hul eiland nie. Foto: AP

Tydens die laaste poging, ʼn week gelede, het die Andaman‑polisie en die Indiese kuswag saam met die twee vissermanne wat daarvan beskuldig word dat hulle Chau probeer help het om onwettig voet aan wal op die eiland te sit, stamlede met pyle en boë op die eiland se strand sien staan.

Die polisie het dit nog nie weer naby die eiland gewaag nie.

Andaman se polisie pleeg sedert sy dood oorleg met antropoloë en stamkenners om te bepaal hoe lewensvatbaar dit sal wees om Chau se liggaam van die eiland te verwyder nadat die stam dit blykbaar iewers begrawe het. Die polisie het dit nog nie weer naby die eiland gewaag nie.

Die polisie het ook in aanraking gekom met Triloknath Pandit, ʼn antropoloog wat dit reggekry het om vriendelike kontak met die Sentinelese stam te maak. Ander mense wat op die eiland beland het, was minder gelukkig volgens The Guardian.

’n Stamlid op Noord-Sentineleiland skiet met sy pyl en boog op ’n helikopter van die Indiese Kuswag. Die owerheid is gekant teen kontak met die stam omdat hulle geen weerstand teen siektes soos masels het nie. Foto: Indiese Kuswag

In 1974 is ʼn lid van die National Geographic se span wat ʼn dokumentêr op die eiland verfilm het, deur ʼn dodelike pyl in die been getref.

Hulle is met byle opgekap.

In 2006 het twee mans wat ter see na dryfhout gesoek het, met hul boot op die eiland gestrand. Hulle is met byle opgekap. Volgens die polisie is hul oorskot aan bamboespale gehang en op die strand soos voëlverskrikkers uitgestal.

Maar Pandit meen hul vyandigheid jeens buitestaanders, wat van geslag tot geslag oorgedra word, is geregverdig. Eeue gelede het Birmaanse slawehandelaars gereeld lede van die vier stamme in die Andaman-argipel ontvoer en hulle as slawe in Suidoos-Asië verkoop.

Enige kontak met die buitewêreld kan die stam uitwis.

ʼn Antropoloog wat betrokke is by die Amerikaner se saak, het die afgelope week aan The Guardian gesê daar is geen verdere planne om sy liggaam terug te kry nie. “Hulle skiet pyle op enige oortreder. Dis hulle boodskap wat sê: ‘Moenie op hierdie eiland kom nie,’ en ons respekteer dit.”

Omdat die stam reeds duisende jare in afsondering leef, is die Indiese owerheid bang enige kontak met die buitewêreld kan hulle maklik uitwis omdat hulle geen weerstand teen siektes soos masels het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Cherokee ·

In teenstelling met jou ‘asseblief’, het die sendeling die Evangeliese Opdrag gevolg om die hele wêreld te vertel van die Koning van die konings, Om hulle bewus te maak van die Heer bo alle here en hulle duidelik te maak dat daar ‘n God is wat die God van alle gode is. En jy Nico, scheme “los hulle uit”. Los hulle in vrede, sê jy.
Die Opdrag my vriend, was om àlmal bewus te maak dat daar ‘n Skepper is wat alle skepsels geskep het. En om daardie Groot Ene en Eenheid te aanbid. Prys Sy Naam!!!

Hartseer ·

Duidelik gee jy nie veel vir hierdie afgeleë stam om nie. Ek salueer hierdie jongman wat sy lewe gewaag, gegee en verloor het om God se liefde met mense in geestelike duisternis en nood te gaan deel. Nie almal sal verstaan nie, maar in my oë is hy ‘n ware held. Ek glo in die oë van die HERE vir wie Hy sy lewe gegee het, ook.

Christo van der Walt ·

Cherokee as alle Christene soos jy was het ek n moslem geword. Hou bietjie jou veroordeelde opienies vir jou self! MM sit Cherokee op sensuur of iets hy of sy irriteer allmal!

Sky ·

Elke mens / nasie / stam / ras of wat ook al het die reg om hul eie geloof en kultuur te beoefen. Niemand het die reg om hul geloof en kultuur op ander te probeer af DWING nie. Elke ou glo vas dat sy geloof reg is. So aanbid wie jy wil en los ander mense uit.

Daan Erasmus ·

Los die mense uit. Die wat sê hy is ‘n ware held. Hy is ook ‘n dooie held. Ons het so ‘n mooi woord vir dit. Martelaar. Maar steeds ‘n dooie martelaar.

Irma ·

Nee, Daan. Hy is nie ‘n dooie held nie. Sy aardse liggaam het wel gesterf, maar sy gees lewe vir ewig by God deur Sy geloof in Jesus Christus. Volgens die Woord van God het hy in die hemel beslis ‘n helde-ontvangs beleef. Dat sommige nie glo nie, maak die Bybel nie minder waar nie.

Helene Heyns ·

Ek stem met jul albei eenhonderd persent saam. Hy was gehoorsaam en het die evangelie probeer uitdra ten spyte daarvan dat hy geweet het dit kan sy lewe kos. Mooi so jong man.

Dark One ·

Soos almal weet, word godsdiens deur sosiale omgewing bepaal. Waarom tog altyd oral inmeng?

Dark One ·

En as almal bewus is van die God van die Christene, wat dan? Ek sien nie eintlik enige verskil in hulle gedrag en die gedrag van nie-Christene nie.

Sanet ·

Enige “sendeling”… het die verantwoordelikheid, om sy ore oop te maak,alvorens hy siele kan gaan wen!
Was dit werklik OPDRAG VAN VADER om soontoe te gaan…????
of wás hy EINTLIK ñ waaghals of ñ avonturier onder ‘christen’ dekmantel??

Ons kani voor ñ kar inspring,wat teen 200km/p aangejaag kom en dán vra WAAR was die engele of God en dan as die held of heldin daaruit wil stap… dis domastarant

Passop om die duiwel of vir Vader in trek by dinge,waarvan hul NIE deel was nie…
Ons hét ñ verantwoordelikheid OOK, om GEHOORSAAM te wees,as siele wenner vir Sý Koninkryk

Hannes ·

Jy is gevaarlik uitgesproke, Sanet. Hoe seker is jy van jou feite? Kan jy doen wat hy miskien in volle gehoorsaamheid aan God gedoen het? Soms is dit beter om stil te bly as om haastig allerhande dinge kwyt te raak en te kritiseer sonder behoorlike grond onder jou voete.

SANET ·

@ Hansdons…sien jy of lees jy dan nié my vraagtekens nie…??????
EK VRA… of WONDER was hy régtig gestuur in Opdrag van Vader,ek kritiseer hom nie!
Ekself is ñ sendeling my vriend en ék mag nié INFOETER wáár ek wil,onwettig nie

Sheryah ·

As jy ‘n Kind van God is en jy glo dat die Bybel die woord van God is, dan het God VERSEKER REEDS die opdrag gegee aan ons almal, en ons moet luister – “Mattheus 28:19 – Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.”

Pierre Wolmarans ·

Kyk my daai nasie van 100 is die magtigste nasie in die wereld. Hoe siek.

Mathilda Faber ·

Hier is sóveel spel- en taalfoute in hierdie artikel?

T ·

Indien John Chau hulle van ons Koning Jesus Christus wou gaan vertel het, het hy as ‘n held gesterf en getroue dienaar. Hy sal verseker sy loon in die hemel ontvang.
Baie brawe man. Goeie en getroue dienskneg.

WitBlits ·

MM – onderaan die lugfoto van die eiland staan “niemand WAG ( ipv WAAG) dit op hul eiland nie”

Helde ·

In my opinie is die man n held, maar die gemeenskap van die eiland ook..hulle staan saam…iets wat ons Suid-Afrikaners nie doen nie en so bly hulle gespaar…dink ons kan iets leer hier want hier het n man immers vir goeie doel gesterf anders as hier in SA!! Hy sou in SA ook gestenig geword het vir al die verkeerde redes dalk oor hy uitlander is of askies omdat hy wit is…

Koos ·

Hoekom moet hulle beskerm word Hulle het moord gepleeg Skiet ‘n pad oop en gaan haal die lyk Of stuur iemand met masels om met hulle te praat As hulle wit was was dit ‘n ander storie

Andrea ·

Ek stem saam. Jammer mooi jong Christenman dat jy só moes sterf. Los die klomp heidene dat hul met hul eie dinge aangaan. Dis pêrels voor die swyne. Dink aan wat dr Albert Schweitzer gesê het… Help miskien eerder die Christene onder Islam verdrukking.

John ·

M.A.W Daniel in die leeu kuill en psalm 23 werk nie RERIG nie!

Melt Olckers ·

Christene moet ook die reel gehoorsaam van God, dat die owerhede gehoorsaam moet word. Die owerheid van daardie eiland, hoe primetief ook al, wil niemand daar he nie. Die sendeling was dom en het gekry wat hom toekom.

Andrea ·

Ek stem saam. Jammer mooi jong Christenman dat jy só moes sterf. Los die klomp heidene dat hul met hul eie dinge aangaan. Dis pêrels voor die swyne. Dink aan wat dr Albert Schweitzer gesê het… Help miskien eerder die Christene onder Islam verdrukking.

Oop oge ·

As dit die werk van God was om te evangeliseer, sou Hy Sy dienaar beskerm het totdat Sy werk voltooi was. God sou die vyand verblind het ter wille van die bekeerlinge en totdat die laaste uitverkiesde gered was (die Boodskap van Saligheid gehoor het).

Lees,die Skrifte met insig en nie menslike emosie nie, en jy sal opmerk dat ALLE Godgestuurde profete (dienaars) die Woord eers gevestig het, voordat hulle gesterf het – aan die hand van mense of n natuurlike dood. God is nie gebreklik nie …

Die bekeerlinge sou dan as martelare (aan die hand van hulle ongelowige medemens) gesterf het, as dit moes.

SANET ·

Eks geneig,om100% saam met jou, te stem…. OOP OGE…klink of weet, waarvan jy praat. SHALOM!

bren ·

Wel at least weet ons die einde is nog nie hier nie…sê die grootboek nie êrens dat DAN eers sal Hy kom as elke siel die woord van God gehoor het nie? eet die mense ook ander? sal bietjie gaan google.

Andrea ·

Is daar nie n eiland waar ons kan gaan bly en dan dieselfde modus operandi handhaaf nie? Nou nie teen sendelinge nie, maar teen ander bedreigings.?

Waarheid ·

As alles waar is wat hierbo deur sommige kwytgeraak word wat die hart van hierdie jongman geensins verstaan nie, beteken dit dat God ook nie Sy Seun na ons moes gestuur het om vir ons sondes te kom sterf nie? Dat Hy ons ook maar moet los om in “vrede” te “glo” en te doen soos ons wil? (Dan moet u tog nie Kersfees vier nie.) God het toegelaat dat Sy seun Jesus Christus vir die sondes van elke mens wat ooit gelewe het sterf, en Hy het in Sy volmaakte wil toegelaat dat menige van Sy profete, sendelinge en getroue dienaars hulle lewens verloor omdat hulle Sy liefde in waarheid met ander gaan deel het. Kan die mens God kritiseer? Is die mens verhewe bo God? Daar is natuurlik dié wat nie glo nie, wat weier om God se outoriteit te erken. Die Woord sê daarop dat die natuurlike mens die dinge van God nie verstaan nie; daarom sal elkeen sy eie opinie hê oor hierdie saak. God se opinie volgens Sy Woord is egter die enigste wat waarlik saakmaak. Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van Sy gunsgenote.

Andre ·

Cherokee, blyk my jy het nou vir jou n opdrag gekry om na te kom. Kyk of jy regkom.

Linda ·

Amerika moet die weermag instuur en al hierdie stamlede dood skiet. In ons eeu is daar nie tyd vir sulje oeroue gelowe nie ! Die klomp wat hier nou christelike kommentaar gee…gaan stig vir julle n kerk en bespreek jul snert daar, julle is irriterend vir die mensdom !!!!

GRIET ·

Haaahaaaa…dapper LINDA, los hulle uit,hulle pla niemand nie!!
STIG jy, eerder jou eie anti-christin doodskiet maatskappy en begin sommer gougou skoonmaak in SA!!

ANA ·

Stem saam met jou Linda!
ONÍNGELÍGTE CHRISTENE wat redeneer en redekawel met als en almal ÍS ñ pyn…die dapper sleutelbord briggade,wat kan blaf maar NIKS doen!!!

Hallo... ·

Die berig gaan juis oor ‘n christen-jongman se lewe en dood, Linda. So dis dan eintlik ongelowiges wat dan liewer nie kommentaar moet lewer nie… Want hulle verstaan nie.

Hallo... ·

Die berig gaan juis oor die lewe en dood van ‘n christen-jongman, Linda. Waarom sou ongelowiges dan so ‘n irriterende berig lees en nogal kommentaar lewer daarop? Hulle sal tog nie verstaan nie…

Paul Smit ·

Oop Oge, ken jy die ware verhaal van Jim Elliot en sy vriende? Ek sal een en elkeen aanraai om dit in diepte na te vors. God werk soms op maniere wat ons nie verstaan nie, want Sy gedagtes is nie ons s’n nie. Nadat nie een nie, maar VYF kosbare, pragtige, dapper jong sendelinge vermoor is voordat hulle behoorlik die liefde van God met afgeleë stamme in die Amasone kon deel, het van hulle vrouens en kinders later teruggekeer en God se werk daar gaan voortsit, met wonderbare resultate. Die film “End of the Spear” is daaroor gemaak. Elizabeth Elliot, Jim Elliot se vrou, lewe en getuig ook steeds van God se werk. Ek glo dat God kragtig besig is terwyl John Chau se liggaam daar begrawe lê. John was bereid om te gaan al het hy geweet hy gaan hoogs waarskynlik sy lewe verloor. Dit was nie beslis nie avontuursoekery nie. Hy het geweet wat hy doen. En hy het dit gedoen omdat die liefde van God in sy hart gebrand het. Ek glo ons sal later hoor hoe die Gees van God gewerk en oorwin het oor die duisternis nadat hierdie dapper jongman sy lewe doelbewus in Jesus se liefde opgeoffer het.

Sanet ·

Kom ons hoop,jy is reg Paul. Want n man het sy lewe verloor,hyt geen siel gewen of woord verkondig nie,plaaslike vissermanne is in die moeilikheid,omdat hulle hom soontoe vervoer het en die mense voel vere oor sy lyk en leef STEEDS SOOS VOORHEEN terwyl ons almal verskil,redeneer en opinies lig vir ñ vale…
Dit sal ons Eendag weet.

Oop oge ·

Daar moet ingedagte gehou word dat daar n Goddelike, asook n menslike inisiatief is om God te behaag en sy Woord te wil verkondig.
Alle christene het dieHere lief en wil vir Hom n diens lewer op watter wyse ookal.

Die vraag is KEN die mens God in persoon of slegs deur entosiasme en tradisionele kennis ?
Daar is ook n menslike geloof, sowel as n Goddelike geloof.

Dit is een ding om God volgens die letter te ken en te verkondig, maar totaal n ander ding om Hom te ken in Sy Gees waar wonders en tekens die bediening volg.

Daardie twee geeste sal so na aan mekaar wees dat slegs die uitverkorenes Hom sal sien en ken.

Kyk maar na die sendingwerk van Paulus,Petrus andere in die Skrif …

TS ·

Die persoon het dwaas opgetree en ek sou reken los alles net soos dit is as die eiland bewoners dit so verkies. Moord was dit beslis nie.

Spook ·

Jy glo n klomp bog. Feite ou broer en feite is in ontwikkelde lande glo hul nie meer aan spookstories nie en lewe hul beskaafd velig en met vooruitgang.

HPV ·

Dit was beslis moord self ‘n oorlogsverklaring, die sendeling was ongewapen en geen bedreiging vir hulle nie. Om in afgesondering te wil lewe gee niemand die reg om links en regs te moor nie. Hulle het ook ander ook al vermoor. Stuur ‘n gewapende eenheid om die oorskot te vind.

Eienaardig ·

…dat ongelowiges nou so ‘n irriterende berig oor ‘n christen sou lees en nogal kommentaar lewer op die irriterende kommentaar…

SANET ·

jy verstaan, van ‘christene’ wat redeneer oor die bybel en teorieë en hul kennis wat hulle lei… en ‘Koningskinders’ wat Gelei word deur Sy Gees…oop oge!?

Ai ai ai ·

So… laat ek sien. As jy nog nooit van god gehoor het nie, omdat jy al vir EEUE op n eiland bly, maak jou n heiden? Haha… een dinge wat “chistene” SOOOO goed kan doen op n DAAGLIKSE basis…. is JUDGE!!!! IS dit nie n sonde nie of hoe?
Die mense op die eiland is gelukkig sonder inmenging…. en nou wil jy gaan verkondig oor EEN geloof! Jyt gekry wat jy verdien het.

Daar is 3000 gelowe in die wereld…. en volgens christene is dit alles sprokies verhale…. behalwe christenskap…. dis REAL..
lekker man lekker

Anna ·

Ek wonder hoe “gelukkig” die eilandbewoners kan wees as hulle kort-kort besoekers daar vermoor deur hulle met pyle te skiet of hulle aan stukke te kap. Is dit oordeel as hulle dade “moord” genoem word? Dalk is daar 3000 gelowe in die wêreld, maar net een daarvan kan jou gewete waarlik reinig en jou volkome, ware vrede gee. Dis die enigste geloof waarvan die God vir Sy kinders kom sterf het. En die dood oorwin het. Daarom dat John ook gewillig was om sy lewe te gee sodat ander van daardie waaragtige liefde van die waaragtige God kan hoor.

Maria ·

Ek haal my hoed af vir hom as groot HELD ! Hero! Dapperheid! Mag Here jou seen ek glo dit. Min van ons Christene veral jong mense sal waag om lewe te gee. Wow! Hartseer1….ek verklaar dat die Almagtig Abba VaderSy Swaart vir Noord Sentineleiland vernietig word!Ament

Spook ·

Jy kan verklaar nes jy wil maar dus duidelik abba kry geen steen hier geroer nie.

Spook ·

Maria jy kan verklaar nes jy wil abba kry hier nie n steen geroer nie. In krieket beteken verklaar jy gee op – daai sou realisties wees.

Ai ou Anna ·

Ok Anna… so kom ons se jy bly op n plaas…. en net voor skemer
.. kom daar so 20 by jou huis aan
Hulle wil jou vertel van hoe Sangomas etc werk…
Ek neem aan jy gaan hul in nooi vir tee en melktert ne?.

Dis dieselfde wat hier gebeur het.

Anna ·

Dit is soos jy sê. Maar of daardie groepie eilandbewoners waarlik gelukkig is? Ware vrede het? Glo nie. Moord na moord praat van duisternis, haat, vrees. Dis juis waarom God se liefde in John Chau se hart hom jarelank gedring het om daarheen te gaan. Net Een kan en wil ware geluk en ware vrede vir elke mens op aarde gee. Die Een wat vir jou gesterf het. Daarom sê God: “Op My wag die eilande…”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.