Amerikaanse sendelinge, gesinne ontvoer

‘n Foto van Port-au-Prince in Haiti, wat in 2019 geneem is. (Foto: CHANDAN KHANNA / AFP)

ʼn Groep Amerikaanse sendelinge en hul gesinne is Saterdag deur ʼn bende buite Haiti se hoofstad ontvoer, het ʼn plaaslike sekerheidsbron aan AFP gesê.

Die groep van tussen 15 en 17 mense, onder wie kinders, word deur ʼn bende genaamd 400 Mawozo aangehou. Dit is ʼn gewapende bende wat die afgelope maande betrokke was by diefstal en ontvoerings in die gebied tussen Port-au-Prince en die grens van die Dominikaanse Republiek.

Die sendelinge en hul gesinne was op pad terug van ʼn weeshuis ongeveer 30 km oos van Port-au- Prince, toe hulle deur die bendelede voorgekeer is. Volgens ʼn berig op CNN is die sendelinge verbonde aan die Christelike groep Christian Aid Ministries, wat in die Amerikaanse deelstaat Ohio gesetel is.

ʼn Beampte van die Amerikaanse regering het gesê hulle is bewus van die voorval en dat die welstand en veiligheid van Amerikaners oorsee een van die regering se hoofprioriteite is. Die beampte wou egter nie enige verdere inligting bekendmaak nie.

Meer as 600 ontvoerings is reeds vanjaar in Haiti aangemeld. In April vanjaar is 10 mense, onder wie twee Katolieke priesters, in dieselfde gebied deur lede van die 400 Mawozo ontvoer. Die priesters is ná 20 dae vrygelaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

FM ·

Hierdie onrus oor die aarde is geneig om ons denke te beïnvloed.

Dis als werklikheid

Die waarheid

Jesus het dit oorwin en ons moet dit glo

Hardekwas ·

Ek weet nie waarom bemoei die Weste hulle met derde wêreld lande nie. Daar is nie salf aan te smeer nie.

jeff ·

Waar nou is die FBI? Te besig om skoolkinders se ouers te vang wat oor die critical race theory kla. Dink jy Suid Afrika ‘n gemors is? Kom kuir VSA toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.