Amerikaanse seun met speelgoedwapen deur polisie doodgeskiet

geweerʼn 12-jarige seun is Sondag in Cleveland, Ohio, doodgeskiet nadat hy ʼn speelgoedpistool in ʼn park rondgeswaai het.

Die voorval kom te midde van hernude rasse-onluste nadat die groot jurie beslis het dat die polisieman, wat ’n ongewapende swart jongeling doodgeskiet het, nie vervolg moet word nie.

Tamir Rice se speelgoedpistool het glo op ʼn druppel water soos die ware Jakob gelyk.

Die polisie het ‘n oproep gekry dat iemand ’n vuurwapen op verbygangers rig. Met hul aankoms by die park, is die seun aangesê om sy hande bo sy kop te hou, maar hy het glo sy hande na sy sye laat sak om die “vuurwapen” te gryp. Die polisiemanne het op hom gevuur, en hy is in die buik getref. Hy is later in die hospitaal dood verklaar.

Die twee polisiemanne is op nie-aktiewe diens geplaas tot die ondersoek afgehandel is.

CNN het berig dat die oproep na die polisie reeds melding gemaak het dat dit moontlik ’n nagemaakte vuurwapen kan wees.

Lees meer op Sky News.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annemarie Bassonl ·

Hierdie tipe kinders hoort nie op die strate nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.