Amerikaanse soldaat skiet 3 dood, pleeg selfmoord

fort hoodDrie mense is dood en 16 beseer nadat ʼn soldaat Woensdag op ʼn groep soldate in Fort Hood in Amerika losgebrand het. Fort Hood is ʼn weermagbasis in Killeen in Texas.

Lt.genl. Mark Milley het aan verslaggewers gesê die soldaat het voorheen in Irak diens gedoen en het na die tyd sielkundige behandeling ontvang. “Daar is geen aanduiding dat die voorval met terrorisme verband hou nie,” het hy gesê.

Die soldaat het sy eie lewe geneem nadat hy die mense geskiet het.

ʼn Psigiater het in 2009 by dieselfde basis 13 mense doodgeskiet en 31 beseer. – SAPA-AFP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.