Amerikaanse weerdiens waarsku oor tsunami’s

Oorstromings wat veroorsaak is deur ‘n Tsunami in Tonga. (Foto: Emosi KERESONI / AFP) /

Waarskuwings vir die voorkoms van tsunami’s is Saterdag vir die hele Amerikaanse weskus uitgereik ná ʼn vulkaniese uitbarsting in Tonga. Vreesbevange Tongane het na hoër gebiede gevlug nadat ʼn tsunami van 1,2 meter kort daarna gewaar is.

Die vulkaniese uitbarsting het ongeveer agt minute geduur en het rook, gas en as die lug in gespu.

Verdere tsunami’s van ongeveer 0,6 meter word vir die gebied van Kalifornië tot by Alaska verwag.

Die Amerikaanse weerdiens het inwoners gemaan om so vinnig moontlik weg van die strand en hawes te beweeg.

Soortgelyke waarskuwings is ook deur lande dwarsoor die Stille Oseaan uitgereik, onder andere deur Nieu-Seeland, Fidji, Australië en die kus van Chili.

Die Pacific Tsunami‑waarskuwingsentrum het Saterdag gesê ʼn tsunami is reeds naby Hawaii gewaar, met vloede wat op die eiland voorgekom het. “Geen skade is tot dusver aangemeld nie.”

.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.