Amerikaner vas na moorde op drie Moslemstudente

Deah Shaddy Barakat en sy vrou Yusor Abu-Salha. Foto: Facebook

Deah Shaddy Barakat en sy vrou Yusor Abu-Salha. Foto: Facebook

’n Amerikaner wat na bewering drie Moslemstudente doodgeskiet het, het homself glo aan die polisie oorgegee.

Die voorval het in ’n woonstel in Chappel Hill in die staat Noord-Carolina plaasgevind.

The Telegraph het die oorledenes geïdentifiseer as Deah Shaddy Barakat (23), sy vrou Yusor Abu-Salha (21) en haar suster Razan Abu-Salha (19).
Die Salha-susters was studente aan die North Carolina State University terwyl Barakat ʼn doktorale student was aan die UNC-Chapell Hill School of Dentistry.

Die polisie het intussen in ʼn verklaring bevestig dat die 46-jarige Craig Stephen Hicks in verband met die voorval in hegtenis geneem is.

Die motief vir die aanval is onbekend.

Bronne: ANP, The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.