’n Duitse man is formeel geïdentifiseer as die verdagte in die verdwyning van die Britse kleuter Madeleine McCann 15 jaar gelede.
Christian Brueckner (43), ’n veroordeelde verkragter, is formeel as die verdagte deur die Portugese polisie geïdentifiseer. Hy is nog nie in hegtenis geneem of aangekla nie.
The Daily Mail berig ʼn betroubare bron het gesê Brueckner het na bewering aan ’n vriend erken dat hy Madeleine weggeraap het en selfoonrekords hom in Praia da Luz geplaas het die aand toe sy verdwyn het.
Brueckner kan na verwagting vir formele ondervraging aan Portugal uitgelewer word. Hy dien tans tronkstraf vir dwelmhandel in Duitsland uit.
The Guardian berig dit is die eerste keer wat Portugese aanklaers ’n amptelike verdagte in die saak geïdentifiseer het sedert Kate en Gerry McCann, Madeleine se ouers, in 2007 as verdagtes aangewys is.
Die polisie het in Junie 2020 op Brueckner as moontlike verdagte begin fokus, maar in die afgelope twee jaar is daar nog geen klagtes teen hom aanhangig gemaak nie.
Hy is destyds gereeld in die omgewing van die Praia da Luz-vakansieoord – waarvandaan Madeleine destyds verdwyn het – gesien.
Die owerhede in Portugal het in 2020 met soektogte begin om Madeleine se liggaam te probeer opspoor.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Hopelik sê die rubbish waar hy haar gelos het, so dat haar ouers kan begrawe en berusting kry.
Die man het dan ‘n alibi! Hulle probeer hulle bes om die saak ‘op te los’!
So tragies…kyk net daai mooi gesiggie…ek as ouer sal so iets nie kan deurstaan nie…die mensdom is wreed
Patetiese polisie in Portugal, wat net die ouers beskuldig het. Sterkte aan die ouers en familie. Hoop die moordenaar kry nou sy straf.
Ek is baie bly dat hulle die man vasgetrek het. Hierdie is net weereens ‘n bewys… Jou sondes haal jou altyd in, God slaap nie!