Amptelike verdagte geïdentifiseer in Madeleine McCann-saak

Madeleine McCann soos sy gelyk het toe sy as driejarige dogtertjie vermis geraak het.

’n Duitse man is formeel geïdentifiseer as die verdagte in die verdwyning van die Britse kleuter Madeleine McCann 15 jaar gelede.

Christian Brueckner (43), ’n veroordeelde verkragter, is formeel as die verdagte deur die Portugese polisie geïdentifiseer. Hy is nog nie in hegtenis geneem of aangekla nie.

The Daily Mail berig ʼn betroubare bron het gesê Brueckner het na bewering aan ’n vriend erken dat hy Madeleine weggeraap het en selfoonrekords hom in Praia da Luz geplaas het die aand toe sy verdwyn het.

Brueckner kan na verwagting vir formele ondervraging aan Portugal uitgelewer word. Hy dien tans tronkstraf vir dwelmhandel in Duitsland uit.

Christian B.

The Guardian berig dit is die eerste keer wat Portugese aanklaers ’n amptelike verdagte in die saak geïdentifiseer het sedert Kate en Gerry McCann, Madeleine se ouers, in 2007 as verdagtes aangewys is.

Die polisie het in Junie 2020 op Brueckner as moontlike verdagte begin fokus, maar in die afgelope twee jaar is daar nog geen klagtes teen hom aanhangig gemaak nie.

Hy is destyds gereeld in die omgewing van die Praia da Luz-vakansieoord – waarvandaan Madeleine destyds verdwyn het – gesien.

Die owerhede in Portugal het in 2020 met soektogte begin om Madeleine se liggaam te probeer opspoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lillian ·

Hopelik sê die rubbish waar hy haar gelos het, so dat haar ouers kan begrawe en berusting kry.

Barend ·

En ek hoop almal wat haar ouers beskuldig het kry ‘n kramp.

miavos ·

Die man het dan ‘n alibi! Hulle probeer hulle bes om die saak ‘op te los’!

Perdeby ·

Watse Alibi? Nerens word daar genoem dat hy ‘n alibi het nie, maar was per selfoon seine naby toneel geplaas.

Janice ·

Net soos ek wonder hoe lank dit ‘n fool gaan vat om verskonings vir die gemors te maak en “poof” daar gebeur dit.

Mariaan ·

So tragies…kyk net daai mooi gesiggie…ek as ouer sal so iets nie kan deurstaan nie…die mensdom is wreed

Mariette ·

Patetiese polisie in Portugal, wat net die ouers beskuldig het. Sterkte aan die ouers en familie. Hoop die moordenaar kry nou sy straf.

Simoné ·

Ek is baie bly dat hulle die man vasgetrek het. Hierdie is net weereens ‘n bewys… Jou sondes haal jou altyd in, God slaap nie!

May10 ·

Hoe los jy jou kleuter alleen in n hotel kamer, in n land wat vreemd. Die ouers het dalk niks te doen met haar verdwyning nie, maar hulle is tog skuldig aan nalatigheid.

Janice ·

Die mensdom moet ophou met hierdie denkwyse. Die kinders was in bed naby die restaurant waar hulle geeet het. Basies, die familie “was minding their own business”. Niemand het die reg gehad om daar in te gaan en die kind te vat nie.

May10 ·

Janice, die lewe is n siek plek jy los nie jou kinders alleen nie, al sit en eet jy net langs aan. Dit was n kleuter, jy los nie n kleuter alleen nie!

LIEZL ·

My vraag is ook altyd, wat het in sy lewe skeef geloop. Dit is baie hartseer, hierdie saak wat so lank sloer en niemand kry antwoorde nie. Hoop daar kan nou iets van kom

Swerwer ·

Hoekom ‘n onskuldige weerlose kind gebruik vir sulke gruwel dade gaan my verstand te bowe

Cherokee ·

Daar bestaan verseker meer fotos van daardie pragtige meisiekind as die (herhaaldelike) een waar die oë opsigtelik met photoshop vergroot is. Dit is die enigste foto wat van haar gepubliseer word jare lank al.

piet ·

Kanse is goed dat sy in die see “begrawe” is, ek het nog nooit gehoor dat daai opsie bespreek of oorweeg is nie.

Esme ·

15 Jaar? Hoe moet daai kind se ouers voel. Hulle was op een stadium hoof verdagtes en 15 jaar later verander die prentjie heeltemal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.