Ander lande waarsku burgers in Zim

640px-Zimbabwe

Zimbabwiese vlag Foto: Neelix, Wikimedia Commons.

Talle lande het hul burgers in Zimbabwe gewaarsku om tuis te bly te midde van berigte van politieke onsekerheid in die land.

Die Amerikaanse ambassade in Zimbabwe het gesê al sy personeel is versoek om vandag tuis te bly. “Daar sal slegs ’n paar personeellede by die ambassade wees wat vir die publiek gesluit sal wees.”

Die ambassade het Amerikaanse burgers in Zimbabwe aangeraai om tuis te bly tot verdere kennisgewing. “Monitor asseblief die nuus en kennisgewings van die ambassade. Selfs demonstrasies wat ten doel het om vreedsaam te wees kan in konfliksituasies ontaard en tot geweld eskaleer.”

Die Kanadese ambassade in Zimbabwe het gesê daar is ’n toename in militêre aktiwiteite in Harare en dat die situasie gespanne is. Burgers in Harare is aangeraai om tuis te bly en die media dop te hou vir verwikkelinge. Die ambassade sal ook vandag gesluit wees.

Brittanje se ambassade het ook ’n beroep op dié land se burgers in Zimbabwe gedoen om veilig tuis te bly tot daar meer duidelikheid kom oor die situasie in die land. Die Nederlandse ambassade het sy burgers ook aangeraai om tuis te bly.

’n Woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking het aan Jacaranda FM gesê burgers in Zimbabwe moet in kontak bly met die ambassade en ten alle tye waaksaam te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Anoniem ·

‘n Nuwe dag is aan die breek vir Zimbabwe DIT is HOOGTYD !

pierre ·

….verandering vir Zimbabwe verseker het dit tyd geword……maar sal die verandering n posetiewe of negatief by dra lewer aan die kant van SuidAfrika….se huidige politieke omstandighede waarin hy hom tans bevind…….

Mielie ·

Hier kom n ding. As die mense begin vlug dan het ons n groter probleem. Misdaad misdaad misdaad

MvN ·

Dan moet jy dalk solank vlug HPV…ons het nie die negatiwiteit in ons land nodig nie.

ferdi ·

Robert Mugabe en Zuma is selfde hul wil agter di vrou wegkruip.Gelukig kan Mugabe ni SA to vlug ni da is lasbrief vir sy vrou hahaha

Theresa ·

Hy sal hom aan niks steur nie en doen soos hy wil – soos altyd.

chuck ·

I have waited 40 years for this.but the writing is on the wall for south Africa

chuck ·

I have waited 40 years for this but the writing is on the wall for south Africa

Wille Willem ·

So mooi land wat tot op die grond afgesaag is! Uiteindelik is daar hoop vir Zimbabwe-inwoners en mag hierdie aksie Suid-Afrikaners se oë ook oopmaak.

Ben Kotze ·

Dit sal ten minste 40jaar+ neem om Zimbabwe weer ekonomies vooruitstrewend te maak mits vrye ekonomiese beleid en ware demokratiese regeringstelsel toegepas en gevolg word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.