Angela Merkel se CDU-opvolger aangewys

Annegret Kramp-Karrenbauer, leier van die CDU in Duitsland (Foto: AP Photo/Michael Sohn)

Die Duitse kansellier Angela Merkel het Vrydag ʼn staande applous ontvang, wat nege minute lank geduur het, ná haar laaste toespraak as leier van Duitsland se Christen-Demokratiese Unie (CDU).

Talle CDU-afgevaardigdes het in Hamburg bymekaargekom vir die party se konferensie en het baniere rondgeswaai met die woorde “Danke Chefin” (Duits vir “dankie, baas”) terwyl hulle na haar finale toespraak, ná 18 jaar as leier van die party, geluister het.

Merkel het na Duitsland se gebalanseerde begrotingsbeleid, die einde van diensplig in 2011 en die bestuur van die vlugtelingekrisis in 2015/16 verwys as van die grootste prestasies tydens haar ampstermyn.

“Ons het nog baie om te doen,” het Merkel gesê toe sy die verhoog verlaat het, net ure voor ʼn stemmery wat haar opvolger sou bepaal.

Drie kandidate was die voorlopers: Annegret Kramp-Karrenbauer, ʼn bondgenoot van Merkel, voormalige CDU-swaargewig wat toe ʼn sakeman geword het Friedrich Merz, en minister van gesondheid Jens Spahn.

Die 56-jarige Kramp-Karrenbauer, ʼn voormalige staatspremier wat ook as “mini-Merkel” bekend staan en in Februarie as CDU se sekretaris-generaal aangewys is, het ʼn meerderheid van die stemme ontvang. Van die 999 stemme, was 517 ten gunste van Kramp-Karrenbauer, terwyl Merz 482 stemme ontvang het.

As leier van die CDU staan Kramp-Karrenbauer ʼn goeie kans om in 2021 ook die amp as kansellier by Merkel oor te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CJ ·

Hoe jaloers is ek nou. Sou wát wou gee om vir een van ons leiers n staande applous te kon gee vir hoogstaande dienslewering. Helaas, mens noem dit seker “the impossible dream”.

Carl ·

Dit is darem ironies dat die “Duisters” ‘n aanvoeling het vir ver linkse of ver regse leiers. Eers Hitler en toe Merkel. Altwee het Duitsland in chaos gedompel. Maar Merkel vat die koek, sy het Duitsland verwoes.

Therese ·

As Angela Merkel en haar beleid ongewild geraak het, wat presies gaan haar party bereik deur ‘n “mini-Merkel” in haar plek te kies?
L.W. Niemand ontken dat Merkel ‘n merkwaardige leier was nie.

(Kramp-Karrenbauer is maklik om te onthou:
Merkel het Duitse kiesers ‘n ‘Kramp’ begin gee, en Duitse ‘Karbouers’ kry dit deesdae hotagter.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.