Anglo verkoop myn in Australië

Mark Cutifani, uitvoerende hoof Anglo American via clubofmozambique.com

Mark Cutifani, uitvoerende hoof Anglo American via clubofmozambique.com

Anglo American plc het Donderdag aangekondig dat hy sy 83.33% aandeel in die Dartbrook-steenkoolmyn in Australië gaan verkoop vir A$50 miljoen (meer as R550 miljoen).

Bedrywighede by dié myn in Hunter Valley is in 2006 opgeskort.

Australian Pacific Coal Limited (AQC) koop die aandele met ʼn vooraf kontantbetaling van A$25 miljoen en tantieme op toekomstige vervaardiging tot soveel as ʼn bykomende A$25 miljoen.

Anglo het in ʼn verklaring gesê die transaksie is in ooreenstemming met die herstrukturering wat vroeër vandeesmaand aangekondig is. Mark Cutifani, uitvoerende hoof, het op 8 Desember aangekondig die erns van die daling in die kommoditeitsprys eis sterk optrede en hy het ʼn radikale herstrukturering van die portefeulje aangekondig, wat tot ʼn vermindering van 60% in bates sal lei.

Die transaksie, wat aan verskeie voorwaardes onderhewig is, sal na verwagting teen die middel van 2016 afgehandel wees.

Meer besonderhede oor Anglo se herstruktureringsplan sal na verwagting in Februarie bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pieter.v ·

So raak Anglo van al sy bates hier in Suid Afrika ook ontslae,noudat die vakbonde al hoe meer militant raak en eise stel wat wat grens aan belaglikheid ,maar dit kon hulle in al hul wysheid nie voorsien met al hulle liberale idees en van die Utopia wat hulle aan ons verkoop het, nou raak hulle so stuk stuk van alles ontslae,al die groot base kry elk een sy pond vleis ontreK hulle hier en gaan leef soos konings waar dit hulle pas.

Chris W ·

Jare vir hulle gewerk.Beste van die 3 platina maatskappye so ver dit my betref.Maar ja,ons wat al afgtree het was al die jare maar goed uitgebuit.Nooit gestaak in al my jare nie en net 28dae siek verlof in 34 jaar gevat.Nie soveel soos ‘n dankie daarvoor gekry nie so nou moet hulle maar vir hulle kry met Amcu.Ek het GEEN simpatie met die mynhuise nie.Sal rustig sit en kyk hoe hulle sink.My raad aan enige blanke werksoeker veral jong mense is bly weg van enige myn.Die dae wat die myne goeie werkgeleenthede en toekomste verskaf het is vir altyd verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.