Anni Hindocha se pa verloor arm in ongeluk

Anni Dewani Foto; Facebook

Anni Dewani Foto; Facebook

Anni Hindocha, wat tydens haar wittebrood in Kaapstad vermoor is, se pa het sy arm in ʼn nywerheidsongeluk verloor, het die familie Woensdag bevestig.

Die Press Association in Brittanje berig dat Vinod Hindocha (65) verlede Dinsdag besig was met herstelwerk aan ʼn hysbak toe die ongeluk gebeur het. Hindocha bly in Swede.

Vinod Hindocha, Anni se pa kom op 6 Oktober 2014 by die hof aan. Hy word vergesel deur familielede. Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA

Vinod Hindocha, Anni se pa kom op 6 Oktober 2014 by die hof aan. Hy word vergesel deur familielede. Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA

Volgens die berig is Hindocha ná die ongeluk na ʼn hospitaal gevlieg waar sy arm tydens ʼn 13 uur langer operasie weer geheg is. Dokters is hoopvol dat hy sy arm weer ten volle sal kan gebruik. Volgens Hindocha se broer, Ashok, het hy beweging in sy elmboog. “Hy is ʼn vegter.”

Anni is in November 2010 tydens haar en Shrien Dewani wittebrood vermoor. Shrien is in Desember deur regterpresident Jeanette Traverso in die Wes-Kaapse hooggeregshof vrygespreek op aanklag van Anni se moord. Traverso het beslis dat daar nie genoeg bewyse is om hom te vervolg nie.

Zola Tongo, Mziwamadoda Qwabe en Xolile Mngeni is tot tronkstraf gevonnis vir hul aandeel aan die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.