‘Antieke kunsskat’ toe eintlik New Age-instrument

Die voorwerp wat gevind is

Die voorwerp wat gevind is

’n Goue “onidentifiseerbare antieke kunsskat” wat in ’n ou begraafplaas van Jerusalem gevind is, het argeoloë skoongeboul.

Die voorwerp van meer as 8 kg is gevind in ’n begraafplaas wat in die verlede al verskeie voorwerpe uit die Romeinse, Kruisvaarder- en Bisantynse tydperke opgelewer het.

Die direkteur van die Israelse Antiekware-owerheid, Amir Ganor, het na ses maande se kopkrap hom tot die Facebook-gemeenskap gewend om te kyk of hy die doel van die “antieke instrument” kon vasstel.

Hy is feitlik dadelik oorval deur mense wat dit as ’n ‘Weber Isis Beamer’ van die New Age-beweging geïdentifiseer het. Dit kan glo vir “energie-genesing” gebruik word.

Die instrument kan by die Duitse firma Weber Bio bestel word. Dit is onbekend hoe die voorwerp in die begraafplaas beland het.

Bronne: TheJerusalemPost (waar die hulp aangevra word) en Trouw (waar die antwoord verskaf word)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.