Antieke piramides ná 54 jaar weer oop vir publiek

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

Egipte het twee antieke piramides, suid van Kaïro, vir die eerste keer ná 1965 weer vir die publiek oopgemaak nadat restourasie afgehandel is, het die land se ministerie van oudhede Sondag in ʼn verklaring gesê.

Minister Khaled al-Anani het Saterdag die Geboë Piramide van farao Snofroe en ʼn satellietpiramide in die Dahsjoer-dodeakker in Giza oop verklaar vir die publiek.

Al-Anani het gesê die Geboë Piramide en alle ander piramides in Dahsjoer is op Unesco se lys van Wêrelderfenisgebiede as deel van die argeologiese Memphis-begraafplaas.

Die 101 meter hoë Geboë Piramide is ʼn unieke voorbeeld van vroeë piramideontwikkeling in Egipte. Dit is deur farao Snofroe gebou, die stigter van die Vierde Dinastie van Egipte tydens die Ou Ryk (2600 v.C.).

Die minister het gesê argeoloë het in die gebied op sarkofae van stene, klei en hout afgekom met mummies wat goed bewaar is.

Egipte het die afgelope paar maande ʼn reeks antieke ontdekkings aangekondig in die hoop om sy kwynende toerismebedryf te laat herleef – ʼn groot bron van die nasionale inkomste. Die bedryf is swaar getref deur onrus sedert betogings in 2011 teen Egipte se Hosni Mubarak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JAN ·

Geweldige onverklaarbare wonderwerk.
Uiters geometries en meetkundig akkuraat.
Graham Hancock die groot deskundige se boeke is ‘n verpligte lees….
Die Bybel reken die ‘”stene ” is gegiet met modder met onbekende formule.
Absoluut verstommend. Hulle het dan nog nie eers harde yster bytels gehad nie? hmm?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.