Antieke tablet-rekenaars gevind

Tablet bilgisayarin atasi kabul edilen not defteriTurkse argeoloë het op die oorblyfsels van ʼn skip afgekom wat blykbaar in die negende eeu naby die huidige Istanbul gesink het.

Klein houtvoorwerpe wat in die skeepswrak gevind is, het egter die aandag getrek. Dit was oopskuifbare “notaboekies” en word beskryf as die destydse weergawe van wat vandag as die tablet-rekenaar bekend staan.

Die skip was een van ‘n aantal skepe uit dieselfde era wat gevind is. Die argeoloë beoog om ‘n replika van een van die skepe wat gevind is te maak, en beoog om die seile teen die middel van 2015 te span.

Die wrakke wat nou gevind is, het merkwaardig sowat 60 persent perfek bewaar gebly.

Die volledige artikel in die Hurriyet Daily News kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.