Apies van kant gemaak ná ongeluk

Argieffoto (Foto: André Ueberbach via Wikimedia Commons)

Drie apies wat ontsnap het toe ʼn vragmotor met 100 apies in Pennsilvanië, VSA, in ʼn ongeluk betrokke was, is van kant gemaak.

Die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming het aan die media gesê dat die apies van kant gemaak is. Volgens The Guardian het die sentrum nie uitgebrei oor die rede waarom die apies van kant gemaak moes word nie.

Die apies het Vrydag in New York aangekom en is oorspronklik van Mauritius. Die diere is per vragmotor na ʼn laboratorium geneem waar hulle in kwarantyn sou verkeer.

Maroela Media het vroeër berig die vragmotor met die makaak-apies, onderweg na die laboratorium, het Vrydagmiddag in Danville, Pennsilvanië, teen ʼn vullisverwyderingsvoertuig gebots.

Vier apies het van die ongelukstoneel in die omliggende gebied ontsnap en ʼn soektog is van stapel gestuur. Die vier apies is teen Saterdagaand almal opgespoor.

Makaak-ape – ook bekend as langstert-makake – is in aanvraag vir navorsing oor entstowwe teen virusse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michele ·

Hoe onmenslik! Ek dink dis beter as om in n hok in n labrutorium te sit en op wrede maniere getoets te word

Di ·

Ek stem 100% saam. Dit is baie wreed om diere deur al hierdie toetse te sit

Plaaskind ·

Die arme apies, dis hartseer dat hulle onder die mense moet lei

Anel ·

Ja, toetse vir die virus 19! Dis mos nou bewys dit werk nie op mense nie! Wat se aaklige dood moet die arme goed nie hê nie!! Mense wat diere seermaak sal swaar gestraf word. En moennie vir my sê dat dit ten giede vir die mens is nie, want dit is nie. Die arme diere het geen sê nie.

Waarnemer ·

Die oorblywende 96 se pad is in elk geval ook uitgele…klaar ter dood veroordeel…hul lyding gaan net langer wees.

Janee ·

Beter om so te sterf as om in hok gekluister te sit en pyn en lyding te ervaar……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.