Die app Bitmoji, die fliek Moana en die televisiereeks Game of Thrones was dié jaar op almal se lippe – of só wys nuwe statistieke wat vandeesweek deur Apple bekend gemaak is.
Die digitale reus het vandeesweek sy gewildste musiek, apps, televisiereekse en flieks vir 2017 aangekondig.
Die enigste kriteria om die trefferslyste te haal was dat dit óf van iTunes afgelaai moes wees óf aanlyn gekyk moes wees deur middel van dié diens.
Apple het die 20 gewildstes in elke kategorie bekend gemaak. Vir ʼn volledige ly, besoek Apple se amptelike webwerf.
Dié apps was die gewildste:
- Bitmoji
- Snapchat
- YouTube
- Facebook Messenger
- Google Maps
- Netflix
- Spotify
- Uber
Dié flieks was die gewildste:
- Moana
- Rogue One: A Star Wars Story
- Wonder Woman
- Sing
- Guardians of the Galaxy Vol. 2
- Trolls
- Doctor Strange
- Beauty and the Beast
- Arrival
- Spider-Man: Homecoming
Dié televisiereekse was die gewildste:
- Game of Thrones
- The Walking Dead
- The Big Bang Theory
- Rick and Morty
- The Americans
- Suits
- PAW Patrol
- This Is Us
- Modern Family
- Grey’s Anatomy
Dié albums was die gewildste:
- Drake, “More Life”
- Kendrick Lamar, “Damn”
- Taylor Swift, “Reputation”
- Ed Sheeran, “(Divide)”
- The Weeknd, “Starboy”
- Cole, “4 Your Eyez Only”
- Bruno Mars, “24K Magic”
- Migos, “Culture”
- Future, “Future”
- Die liedjie “Moana” deur verskeie kunstenaars