Arbeiders se leier wil Theresa May tot ʼn val bring

Theresa May, Britse eerste minister. Foto: Kirsty Wigglesworth, AP

ʼn Mosie van wantroue deur die leier van Brittanje se amptelike opposisie in die eerste minister nadat sy bekendgemaak het parlementslede sal in die week van 14 Januarie oor haar Brexit-ooreenkoms stem, sal heel waarskynlik misluk.

Theresa May het verlede week die stemming oor die ooreenkoms uitgestel nadat sy erken het sy sou dit verloor het, berig die BBC.

Jeremy Corbin, leier van die Arbeidersparty, wat 262 uit die laerhuis se 650 setels beheer, het Maandag gesê dis onaanvaarbaar dat LP’s ʼn maand lank moet wag voordat hulle stem en bygevoeg die eerste minster het die land in ʼn “nasionale krisis” gedompel.

Maar bronne na aan May sê die regering sal nie tyd afstaan aan ʼn mosie van wantroue nie. Volgens hulle sal ministers nie “saamspeel in lawwe politieke speletjies nie”.

Corbyn het ʼn beroep op LP’s gedoen om te verklaar dat hulle “geen vertroue in die eerste minister het nie weens haar onvermoë om die laerhuis toe te laat om dadelik ʼn betekenisvolle stemming” oor die Brexit-ooreenkoms te hou.

Maandagaand het die regering geweier om tyd vir die mosie in te ruim. Dit kan nou slegs plaasvind as die Arbeiders dit verander na ʼn mosie van wantroue in die regering, wat bestaan uit 317 Tory-LP’s en tien van die Demokratiese Unioniste-party, berig die Daily Mail.

May se gewildheid onder Britse kiesers het intussen toegeneem nadat sy pas ʼn mosie van wantroue onder haar partygenote oorleef het, berig Sky News.

Sowat 47% van die kiesers beskou haar as iemand wat dapper is en hou by haar beginsels, volgens ʼn meningsopname deur Opimium Research.

Dis die hoogste syfer vandat sy in 2016 eerste minister geword het, maar haar party is steeds met 38% van die steun een persentasiepunt agter die Arbeiders, wat 39% van die steun geniet.

ʼn Volle 53% van die kiesers is ontevrede met hoe May Brexit hanteer het, terwyl net 28% daarmee tevrede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ZAR ·

Ek het so gehoop vir sinvolle kommentaar van mense wat al lank May se loopbaan volg. Wat gebeur met Brexit en hoekom is dit nog nie afgehandel nie? Wat is die beste, brexit of geen brexit en wie is die arbeiders? Nou moet ek maar self gaan opsoek, maar google is geneig om vir my liberale sienings te gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.