Aretha Franklin oorlede

Aretha Franklin (Foto: AP Photo/Paul Sancya)

Die Amerikaanse sangeres Aretha Franklin (76) is Donderdag by haar huis in Detroit in die VSA oorlede.

Daar is vroeër die week berig Franklin is ernstig siek en dat familie glo aangeraai is om haar finaal te groet. Franklin was tuis, omring deur haar geliefdes, ten tyde van haar dood.

Franklin is bekend vir treffers soos “Respect”, “I Say a Little Prayer” en “Natural Woman”.

Franklin het verlede jaar haar aftrede aangekondig en gesê sy sal slegs by nog ʼn paar spesiale geleenthede optree. Sy het wel vroeër die jaar voorafbeplande vertonings gekanselleer omdat sy deur haar dokter aangeraai is om eerder tuis te bly en te rus.

Franklin is die eerste vroulike sanger wat in die Rock and Roll Hall of Fame ingesluit is en het in 2005 die Amerikaanse Vryheidsmedalje ontvang.

Franklin het 18 Grammy-toekennings oor haar loopbaan van meer as ses dekades ontvang, insluitend ʼn Grammy vir lewenslange bydrae

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Katerina ·

Rus in vrede Aretha..nog een van die ou “groot geeste” van die musiek wereld, van n tyd toe mens nog talent nodig gehad het om dit te maak. And dear lady, you made it Bigtime. Absolute legende. As mens kyk na die hoendermis wat deesdae as “musiek” beskou word -absolute inane meaningless Drivel..dan is dit nog hartseerder om na iemand soos Aretha te kyk en te besef hoe musiek en talent- standaarde in die afgrond geval het in die laaste jare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.