Argeoloog sê hy het Jerusalem gevind wat deur Dawid verower is

Jebus-tonnel‘n Israelse argeoloog, Eli Shukron, het glo bewys dat hy oorblyfsels van die Jerusalem van die Jebusiete gevind het.

Volgens die Bybel in 2 Samuel 2:8: Op daardie dag het Dawid gesê: “Elkeen wat ‘n Jebusiet wil verslaan, moet eers die watertonnel, en die blindes en kreupeles in die hande kry”. En dit is juis hierdie tonnel en skag wat Shukron glo opgespoor het.

Dawid en sy manskappe het die Jebusiete verslaan nadat hulle die vesting deur die watertoegang binnegedring het. Die tonnel lei van buite ‘n muur wat van reuse rotsblokke gebou is tot in ‘n vesting. Dié vesting is in die huidige Oos-Jerusalem geleë. Die fortifikasies is na raming 800 jaar voordat Dawid die stad verower het, opgerig.

Volgens Shukron het hy ook potskerwe gevind wat uit Dawid se tyd dateer.

Shukron se aanspraak het dadelik weer ‘n storm laat losbars omdat hy tot die groep argeoloë behoort wat hul uitgrawings doen met die oog daarop om die Bybel as histories korrek te bewys. Tot dusver is nog geen argeologiese bewyse gevind dat Dawid oor ‘n sterk volk regeer het, of selfs hoegenaamd bestaan het nie.

Die situasie is ook politiek sensitief omdat die Palestyne op Oos-Jerusalem as hul toekomstige staat se hoofstad aanspraak maak.

‘n Volledige artikel kan in die Washington Post gelees word.

Bykomende bron.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.