Ariana Grande-bloedbad: Sewe nou vas

Argieffoto: Ariana Grande

Die polisie het tot dusver sewe mense op twee kontinente in hegtenis geneem in verband met die aanval tydens die popster Ariana Grande se konsert in die Manchester Arena in Engeland Maandagaand waartydens 22 mense in ʼn selfmoordbomontploffing dood is.

Die Manchester-polisie het die jongste twee inhegtenisnemings Donderdag op Twitter bekend gemaak.

Een van die mans is tydens ʼn klopjag in die Withington-omgewing in hegtenis geneem en die ander inhegtenisneming is in die Manchester-omgewing gedoen.

Die ander inhegtenisnemings is onder meer in Tripoli gemaak en volgens berigte is sommige van die vermeende selfmoordbomaanvaller, Salman Abedi (22), se familielede van die mense wat in hegtenis geneem is.

Die Islamitiese Staat (Isis) het Dinsdag verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Maroela Media het voeër berig die ontploffing het omstreeks 22:30 deur die arena geruk kort nadat Grande opgetree het. Die skare was glo besig om die arena te verlaat toe dit gebeur het. Talle video’s is later op sosiale media gedeel waarin gesien kan word hoe mense huilend en skreeuend uit die arena hardloop. Nagenoeg 60 mense is beseer.

Grande het Dinsdag op Twitter reageer en gesê sy is “gebroke” deur die nuus van die groot sterftal. “Ek kan met my hele hart sê, ek is so, so jammer. Ek het nie woorde nie,” het sy op Twitter gesê. Sy is nie in die aanval beseer nie.

Sy het sommige van haar Dangerous Woman-optredes as deel van haar Europese toer gekanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Skande ·

Ek het ontsettend baie simpatie met die familie en vriende van die oorledenes maar GEEN empatie met die BRITSE REGERING wat hierdie goed toegelaat het vir jare nie. Hulle het probeer Cool wees en probeer Toegeeflik en Politiek Korrekte besluite maak, en hierdie vreemde mense oral in hulle lande toegelaat, terwyl mense uit bv SA hulle dood sukkel om daar in te kom. Hulle het hierdie terroriste werk en verblyf gegee, nou pluk hulle die wrange vrugte daarvan. Jammer maar julle is gewaarsku, julle het gedink dis die ‘regte ding om te doen’ wonder wat se julle eie landsburgers nou van julle?

chantelle ·

Amen – word gebruik amet die afsluiting van ‘n gebed en beteken laat dit so wees…

Not Really Chantelle ·

It can also mean TRUTH or it could be an ACKNOWLEDGEMENT of what has just been said. Dit is NIE beperk tot ‘n gebed of gesang nie!!!

Elna Kupke ·

Hartseer, hoop maar hulle spoor al terroriste wat verantwoordelik was op.

Dux ·

Skande…stem volkome saam..my kinders wou ook in londen gaan werk…onsuksesvol!!!!

EvW ·

Hulle wat verantwoordelik was v dit sal nie ongestraf gelaat word nie…..die Bybel sê so!

JANA ·

Maroela media julle is bietjie vlak om dit die Ariana Grande bloedbad te noem? Manchester sou gedoen het…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.