Armani draai sy rug op pelse

Giorgio Armani (Foto: re-elfashion.com)

Giorgio Armani (Foto: re-elfashion.com)

Die Italiaanse modeontwerper, Giorgio Armani, het onderneem om vir sy Winter/Herfs-versameling nie ʼn enkele stuk pels te gebruik in enige van sy handelsmerke nie.

Armani sluit by Hugo Boss, Calvin Klein, Tommy Hilfiger en Ralph Lauren aan om na sintetiese alternatiewe oor te skakel.

Claire Bass, uitvoerende direkteur van Humane Society International in Engeland, het gesê Armani is sinoniem aan luukse mode. “Dit is betekenisvol vir die wêreldwye modebedryf dat Armani dié waarborg gegee het,” het sy gesê. “Ontwerpers soos Prada, Fendi en Michael kors, wat nog steeds dierelyding op die loopplank uitstal, begin al hoe meer geïsoleerd lyk. Dié skuif deur Armani is een van die kragtigste boodskappe nog ooit dat, om diere net vir hul pelse dood te maak, nooit modieus kan wees nie.”

Giorgio Armani het glo aan die vereniging gesê tegnologiese vooruitgang bied hulle die geleentheid om geldige alternatiewe te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eliza-beth ·

Uiteindelik! Waarom op aarde mens ‘n arme dier se pels wil dra – sommige wreed doodgemaak daarvoor (vgl robbe wat doodgeSLAAN word) is onbegryplik vir my. Die dier lyk baie mooier daarin as die mens.

Spikkel ·

Bravo. Dis ‘n bietjie goeie nuus. Wens almal wil sy voorbeeld volg.

ekke ·

Hoop dis permanente besluit en verander nie soos modegiere maar doen nie.

Justa ·

Hoog tyd.. Die lyding wat hierdie diere moet deurmaak is onbeskryflik. Geluk aan al die diere aktiviste wat druk toegepas het. Hoop die ander modehuise volg.

Gerda ·

Vleis eet het niks daarmee te doen nie. Dis een ding om te eet vir oorlewing, iets heeltemal anders om ‘n dier te slag (soms op die wreedste denkbare maniere), net om ‘n stuk pels om jou nek te hang.

Justa ·

Boervrou, die diere wat vir vleis geslag word gaan net deur soveel lyding en mishandeling. Die beste is om “vegan” te gaan. Sal jy? Ek twyfel.

Dries de Waal ·

Genesis 3 Vers 21 – Daarna het die Here God vir die mens en sy vrou velklere gemaak, en hulle dit aangetrek. 1983 vertaling

Justa ·

Ai tog Dries, ons leef in die 21ste eeu nie meer in die Bybelse tye nie.

M.G. ·

Ja Dries, beslis is hulle nie wreedaardig doodgeslaan soos die weerlose robkleintjies nie. En dis nie asof daar toe juis keuses was vir ander klere nie ne. As mens eers kom met eet julle vleis en stukkies uit die Bybel wat hulle pas wil ek opgooi. Siestog man

Griki ·

Ai tog, Dries. En hulle het ongetwyfeld daardie diere se vleis geëet – niks is gemors nie. In die Bybel se tyd is diere doodgemaak vir vleis en uit noodweer – nie vraatsug nie. Hulle velle is gebruik vir klere omdat daar nog nie sintetiese materiaal was om die mense teen koue te beskerm nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.