Athene soek hulp by Rusland

Pres. Wladimir Poetin van Rusland

Pres. Wladimir Poetin van Rusland

Griekeland het dringend geld nodig en ná weke se onderhandelinge in Brussel is daar nog geen uitkoms in sig nie.

Dit het Griekeland genoodsaak om buite die eurosone na hulp te gaan soek. Rusland stel glo belang om te help.

Spiegel Online berig dat lede van die Griekse regering van premier Alexis Tsipras reeds hul pad na Moskou gevind het om tydens ’n twee dae lange besoek intensief moontlikhede te ondersoek hoe Griekeland en Rusland kan saamwerk.

Griekeland wil uit sy finansiële verknorsing kom en daarom sal Tsipras persoonlik, op 8 April, na Moskou reis om pres. Wladimir Poetin te ontmoet.

Daar word vermoed gesprekke sal handel oor die daling van aardgas-pryse en die EU-sanksies teen Rusland. Griekeland wil boonop ’n metode vind om sy vars groente en vrugte na Rusland uit te voer.

Die staatsbeheerde Russiese maatskappy Gazprom sal ook tydens die besoek teenwoordig wees. Gazprom beheer ongeveer 70% van alle Griekse aardgas.

Athene sal ook die investering van Russiese en Chinese sakelui verwelkom in die hawe van Thessaloniki. China het belangstelling getoon in Griekeland se planne om die hawe van Piräus te koop aan te bied.

Een van die linkse politieke figure in Griekeland, Panagiotis Lafazanis, propageer al lank dat Griekeland uit die EU en Navo moet tree. Hy gebruik nou skerp woorde teenoor Brussel en Berlyn. In die Griekse koerant Kefalaio voer Lafazani aan dat Griekeland moet weerstand bied teen die sogenaamde imperialiste en “Duitse Europa” wat Griekland soos ’n skuld-kolonie behandel.

Poetin sien waarskynlik hierin die geleentheid om Europa te verdeel en om veral sy invloed in Suidoos-Europa uit te brei.

Eerskomende Vrydag moet die Griekse regering ’n hervormingspakket voorlê aan die EU-kommissie, met moontlike voorstelle hoe Griekeland wil hervorm. Indien dié voorlegging positief verloop kan hulp van sowat 7,2 miljard euro bewillig word vir Griekeland. Dit sal sekerlik ’n stok wees in die speke van Rusland se voornemens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jacques ·

Haha dink die EU gaan baie kwaad wees vir Griekeland as hulle die Brieklande gaan join,wat ek sien gaan gebeur.
Die ergte van alles vir Europe gaan wees dat China dan voor hulle voordeur dan gaan staan.

Buys ·

Putin soek lankal n hawe in die Meditireense see waar hy sy oorlogskepe kan vasmeer.

Gert ·

Lyk hy nie baie na Showerhead Spear nie. Hulle kon boeties gewees het.

Nico ·

Nou is Griekeland kwaad vir Duitsland en die res van Europa omdat sy eie ekonomie in die gemors is. Ek kan nie sien dat dit ander lande se skuld kan wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.