AU vra skietstaking in Oekraïne

Nooddienswerkers blus ‘n brand by ‘n gebou in Kiëf wat ini Russiese aanvalle beskadig is. (Foto: Oekraïnse regering/AFP)

Die voorsitter van die Afrika-unie (AU), Macky Sall, en die voorsitter van die AU-kommissie, Moussa Faki Mahamat, het gevra vir ʼn onmiddellike skietstaking in Oekraïne.

Sall, ook Senegalese president, en Mahamat het hul diepe kommer te kenne gegee oor die “ernstige en gevaarlike situasie” wat in Oekraïne geskep is.

Hulle het ʼn beroep op Rusland en enige ander streek- of internasionale rolspelers gedoen om internasionale reg, gebiedsintegriteit en die nasionale soewereiniteit van Oekraïne te respekteer.

Nog ʼn dag van geweld het gevolg nadat Russiese president Wladimir Poetin gister Westerse waarskuwings verontagsaam het en ʼn grond- en lugaanval op Oekraïne geloods het wat reeds tientalle lewens geëis en die ontworteling van sowat 100 000 mense tot gevolg gehad het.

Die AU het ʼn beroep op strydende partye gedoen om dadelik ʼn skietstaking in te stel en sonder versuim onder die vaandel van die Verenigde Nasies (VN) met politieke onderhandelings te begin.

Sall en Mahamat sê dit moet gedoen word om die wêreld teen die gevolge van reusekonflik te beskerm, en is in die belang van vrede en stabiliteit in internasionale betrekkinge vir mense wêreldwyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lesly ·

Na die AU se eise, vermoed ek Rusland gaan sy troepe onttrek lol

Kokerboom ·

Anders stuur Zimbabwe sy weermag om Putin ‘n les te leer!

annie ·

En Rusland was die enigste wat Hitler in sy nes vasgekeer het. Nou is al die nasate van die Nazi’s so oulik en die dapper Russe se kinders wrede nikswerds. Wat die fake-nuus skeppers darem nie reggekry het nie. Vandag is die top vyande van Rusland Jode wie se voorvaders deur die Russe uit die Nazi-strafkampe bevry is… En geen dankbaarheid… Wie moet ons bedank… 007 wat al meer na Poetin probeer lyk…

marius ·

Die ring stert Leumers in Bonogongono eis ook dat daar dadelik hartjie sjokolades uitgeruil word . Gmff

Dries ·

TREK TERUG UIT UKRAINE OF WAT ??? Moet ons lidmaatskap by BRICS net nie kanseleer nie

Wat op dees Aarde ·

Adolf Putin gaan nie stop tot die destydse USSR herenig is nie.

ES ·

Regtig… nie die VSA of die VKA se veroordeling van Rusland se optrede het vir Putin afgeskrik nie.

Hendrik ·

Daar moenie plek in die wereld wees vir “strongman” politici soos Putin, Malema, Zuma en Trump nie. Populistiese politiek wat geskoei is op die gewildheid van leier is gevaarlik – dis hoe diktators steun werf en daarna volg onderdrukking. Gesonde beleid wat ekonomiese ontwikkeling, maatstakplike verantwoordelikheid en omgewingsbewaring balanseer, moet eerder mense lok om vir n party te stem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.