Aussie-dorp se kwik styg tot bo 50 °C

Kenners waarsku rekordhoë temperature kan weens aardverwarming aan die orde van die dag word in Australië. Die land steier reeds onder geweldige bosbrande. (Foto: Sean Blocksidge/Brand- en nooddiensdept.: WA/AFP)

ʼn Afgeleë dorp in Wes-Australië het die land se warmste dag in die geskiedenis geëwenaar met die kwik wat tot 50,7 °C gestyg het.

Temperature soos hierdie kan in Australië weens aardverwarming boonop aan die orde van die dag word, het die land se Klimaatraad gewaarsku.

Die kusdorp Onslow het die witwarm temperatuur Donderdagmiddag bereik.

“Nuwe Wes-Australiese maksimum temperatuurrekord en gelyk aan ʼn nasionale temperatuurrekord,” het die staat se buro vir meteorologie getwiet.

“Onslow het ʼn ongekende 50,7 °C bereik, ʼn WA-rekord en gelyk aan Australië se warmste dag wat 62 jaar gelede in Oodnadatta SA aangemeld is.”

Volgens die buro se webwerf het die land laas ʼn temperatuur van 50,7 °C op 2 Januarie 1960 by Suid-Australië se Oodnadatta-lughawe opgeteken.

Dr. Martin Rice, navorsingsdirekteur by die Klimaatraad, sê die rekord is “deel van ʼn langtermynverwarmingsneiging wat aangedryf word deur die brand van steenkool, olie en gas”.

Hy sê uiterste temperature het reeds “noodlottige katastrofiese gevolge” in Australië.

“Hittegolwe is ʼn stil moordenaar in Australië; dit veroorsaak meer sterftes as enige ander uiterste weerverskynsel.”

Australië het ʼn somer met bosbrande in die land se weste en lewensgevaarlike oorstromings aan sy oostelike kus ondervind.

Rice sê, sonder ʼn daling in kweekhuisgasse, gaan rekordtemperature algemeen in Australië word.

“In Sydney en Melbourne gaan ons 50 °C-somerdae teen 2030 ondervind.”

Die buro vir meteorologie sal die rekord na verwagting Vrydag amptelik bevestig nadat verskeie beheermaatreëls nagegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johannes_64 ·

Dit is nie meer aardverwarming nie dit is nou klimaatsverandering. In 62 jaar dieselfde temperatuur 50° te haal is darem nie ‘n krisis nie.

Dirk Mostert ·

“Aardverwarming” het “klimaatsverandering” geword na 1998, toe ‘n twintig-jaar natuurlike sikliese temperatuurstyging (na die afkoeling van 1938-1977) omgeswaai het na ‘n natuurlike sikliese temperatuurdaling. Pseudo-wetenskap!

Leeuwyfie ·

Aardverwarming aangedryf deur die gebruik van steenkool, olie en gas? So die regerings wat so speel met die weer deur cloud-seeding het niks daarmee uit te waai nie? Dis interessant hoe baie cloud-seeding sessies net in ons klein dorpie gebeur. Ek dink die regerings wat so speel met die weer het ‘n baie groter impak op “klimaatsverandering” as die besoedeling van steenkool, olie en gas.

Dirk Mostert ·

Die kweekhuisgas-teorie is strydig met die eerste twee wette van termodinamika. Maar die klimaat-pseudowetenskaplikes weet nie eens van termodinamika nie.

Herman ·

Een dag bo 50 ° en almal se aardverwariming, masr die ander 51 weke is dit normaal en niemand se n woord nie. Dis n siklus waardeer ons gaan. Nou is dit n droo jaar en die die volgende jaar reen dit weer baie.

Pofadder ·

So, hierdie inligting se ook dat daar net so ‘n warm dag 62 jaar gelede was. Ek voel nie te gespanne nie.

Treurwilger ·

Let wel: elke bosbrand tot dusver hierdie somer in die Perth- omgewing is deur brandstigters veroorsaak.
‘Arsonists’ word “firebugs” genoem in Aus, selde gevang en swaar strawwe is afwesig.
Nee, baie makliker om die klimaat te blameer.

Marius ·

Die geleerdes is so slim dat hul nou dom word en dan word die snert wat hul uitdink as die waarheid verkoop.

Dirk Mostert ·

Dit bewys dat daar geen mensgemaakte aardverwarming is nie. Vir 62 jaar sedert die vorige rekord het dit nie warmer geword nie, ten spyte daarvan dat atmosferiese CO2 (plantkos) steeds toeneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.