Aussie-grense binnekort vir dié mense oop

(Foto: Unsplash)

Australië se landsgrense sal vanaf begin volgende maand weer vir buitelandse studente, geskoolde werkers sowel as Japanse en Suid-Koreaanse burgers, oopgestel word.

Persone wat die land wil binnekom, moet wel teen Covid-19 ingeënt wees.

Dié vergunning volg byna twee jaar nadat Australië se landsgrense toegeklap is in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 te beperk.

Ingeënte Australiërs, sommige visumhouers en burgers van Japan, Suid-Korea en Singapoer sal vanaf 1 Desember na Australië kan reis. Indien dié persone ʼn negatiewe Covid-19-toets wys, hoef hulle nie in kwarantyn te gaan nie.

“Australië maak weer vir die wêreld oop,” het Karen Andrews, die Australiese minister van binnelandse sake, Maandag gesê.

Andrews het die verslapte reisbeperkings as “nog ’n stap vorentoe vir Australië” bestempel.

Australië se grense is begin vandeesmaand in die twee grootste stede, Sydney en Melbourne, vir hoofsaaklik ingeënte Australiese burgers oopgestel. Roerende tonele het by dié stede se lughawens afgespeel, waar familie en vriende ná meer as ’n jaar en ’n half uitmekaar eindelik kon herenig.

Sakegroepe het sedertdien by die Australiese regering gepleit dat ingeënte visumhouers ook toegelaat word om terug te keer terwyl die beleërde universiteitsektor ook gevra het dat die beperkings verder verslap word.

’n Geraamde 130 000 internasionale studente was die afgelope 20 maande uit Australië gesluit.

“Hulle wil niks anders hê as om weer by hul klasmaats in Australië aan te sluit nie,” het Catriona Jackson, uitvoerende hoof van die bedryfsgroep Universities Australia gesê, wat die besluit as “goeie nuus” beskryf het.

Daar het veral kommer geheers dat baie Asiatiese studente eerder sou kies om in die Verenigde State of Europa te gaan studeer as om vir aanlyn kursusse uit Australië te betaal.

  • Dit is nie in die stadium duidelik wanneer Australië se landsgrense vir ontspanningsdoeleindes oopgestel sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Dan bly ek rustig en lewendig net hier by my huis. Cheers Aussies, sal nie by julle gaan kuier binnekort nie

Lubbe ·

Misky jy gaan nerens heen kan gaan as jy nie ingeent is nie. Help nie jy hou Australie kwalik nie, dit is iets wat elke land nou gaan toepas.

Frank John ·

Hulle word ook maar saam gesleep in die grootste beheer vraate wat die wêreld nig gesien het .

Johan ·

Dis so belaglik, die oumensverkoue is oral om die grense toe te maak keer dit nie, dis reeds in die land. Mense moet begin leer om met die virus saam te leef, dit is nou hier, beweeg aan. Sodra die vrees verdwyn sal politici ook belangstelling verloor en ons begin uitlos, dan sal die medici ook hul magsgreep begin verloor…vir nou.

daarsdit ·

Ingeënte Australiërs, sal vanaf 1 Desember na Australië kan reis. Indien dié persone ʼn negatiewe Covid-19-toets wys, hoef hulle nie in kwarantyn te gaan nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.