Aussie-kolwer Phil Hughes steeds kritiek – voorval was fratsongeluk

Phillip Hughes in 2013 tydens 'n eendagwedstryd tussen Indië en Australië Foto: indian-cricket-team-updates.blogspot.com

Phillip Hughes in 2013 tydens ‘n eendagwedstryd tussen Indië en Australië Foto: indian-cricket-team-updates.blogspot.com

Die Australiese krieketster wat geveg het om sy plek in die Aussies se toetsspan te herwin, Phil Hughes, is steeds in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal in Sydney.

Sy toestand 24 uur na hy opgeneem is, is as onveranderd beskryf. Die publiek is die versekering gegee dat Hughes die beste mediese sorg moontlik ontvang.

Die Australiese krieketbase het intussen besluit om alle wedstryde in die eerste rondte van die Sheffield-kompetisie te kanselleer. Dit volg na die wedstryd tussen Nieu-Suid-Wallis en Hughes se span, Suid-Australië, afgelas is na Hughes teen die kop geboul is, en per helikopter hospitaal toe geneem is. Die krieketbase meen nie net dit sal onregverdig wees teenoor die spanne wat in Sydney slaags was nie, maar dat die spelers van die ander spanne ook oor die gebeure ontsteld sal wees. Berading word vir alle spelers wat ʼn behoefte daaraan voel, gereël.

Intussen is ook berig dat die bouler wat Hughes neergevel het, Sean Abbot, ’n goeie vriend van Hughes is, en bitterlik sleg voel oor die voorval. Ander spelers herinner hom daaraan dat hy bloot sy werk as snelbouler gedoen het.

’n Sport-dokter, dr. Peter Larkins, het aan die Herald Sun presies verduidelik hoe die fratsongeluk “wat nooit moes gebeur het nie” wel gebeur het. Beeldmatariaal toon dat Hughes sy kop gedraai het net voor hy getref is, en dat die bal hom toe net agter die oor teen die skedelbasis getref het. Dit is ‘n besonder kwesbare area. Larkins betwyfel dit of ‘n meer moderne weergawe van Hughes se kopskerm die ongeluk sou kon voorkom het.

Ander bronne: Cricket info, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Madelein ·

Een van die eerste artikels het genoem dat Phil Hughes per ambulans hospitaal toe geneem al was daar ‘n helikopter. Hierdie artikel noem dat hy per helikopter hospitaal toe geneem is – watter artikel is korrek?

Herman Toerien ·

Al die artikels, soos ‘n Cricket Info wat ek gelees het, dui aan dat hy per helikopter hospitaal toe geneem is. Die amubalnse was wel voor die helikopter op die veld, maar weens die erns van die toestand is besluip om hom met die helipter hospitaal toe neem.

Madelein ·

Dankie Herman. Mens is ook nooit meer seker watter feite is korrek nie. Hier volg die uittreksel van die artikel wat op Maroela Media geplaas is:
“Hy is later per ambulans na ’n hospitaal geneem waar hy met sy aankoms reeds op lewensondersteuning was.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.