Aussies woedend vir ‘No vac’ Djokovic

Novak Djokovic (Foto: Oli SCARFF / AFP)

Australiërs is woedend nadat dit bekend geword het dat die wêreld se beste tennisspeler, Novak Djokovic, nie sal hoef te bewys hy het die Covid-19-inenting ontvang voor hy aan die Australiese Ope mag deelneem nie.

“Ek gee nie om hoe ʼn goeie tennisspeler hy is nie. As hy weier om ingeënt te word, moet hy nie toegelaat word nie,” het Stephen Parnis, ʼn voormalige adjunkpresident van die Australiese Mediese Vereniging, laat hoor.

Parnis meen Djokovic se mediese vrystelling stuur ’n “afgryslike boodskap” aan diegene wat probeer om die verspreiding van Covid-19 in Australië hok te slaan.

Dié land handhaaf al byna twee jaar streng reisregulasies terwyl sy daaglikse Covid-19-gevalle Woensdag vir die derde opeenvolgende dag ʼn rekordhoogtepunt bereik het.

Die voormalige Australiese ATP-toerspeler Sam Groth, nou ʼn televisiekommentator, bestempel Djokovic se mediese vrystelling in ’n koerantrubriek as ’n “klap in die gesig” van elke Australiër.

Maroela Media het vroeër berig die Serwiër het Dinsdag op Instagram bekend gemaak dat hy na Melbourne vertrek om aan die Ope deel te neem en dat hy medies kwytgeskeld is daarvan om ʼn Covid-19-inenting te kry.

Novak Djokovic (Foto: Patrick Hamilton/AFP)

Die organiseerders van die tennistoernooi dring daarop aan dat alle deelnemers vooraf teen Covid-19 ingeënt moet wees, of op grond van mediese redes hiervan vrygestel is.

Die toernooihoof, Craig Tiley, hou vol die verdedigende kampioen geniet “geen spesiale status” nie, en het Djokovic aangemoedig om die publiek te vertel waarom hy mediese vrystelling gekry het in ’n poging om Australiërs se gemoedere te kalmeer.

Die Australiese premier, Scott Morrison, hou intussen vol dat Djokovic summier gepos sal word indien sy redes om mediese vrystelling “onvoldoende” is.

“Ons wag op sy aanbieding en watter bewyse hy aan ons verskaf om [sy vrystelling] te steun,” het Morrison op ʼn mediakonferensie gesê.

“Indien daardie bewyse onvoldoende is, sal hy nie anders as enigiemand anders behandel word nie en op die volgende vliegtuig huis toe wees. Daar behoort geen spesiale reëls vir Novak Djokovic te wees nie.”

Ook Jan Alleman is woedend.

“Ek dink dit is walglik. Ek dink hy moes vroeër besluit het en dit behoort nie ʼn laaste‑minuut-besluit te wees om hom in [die Ope] te kry nie,” het Ron Wilson, ʼn inwoner van Melbourne, gesê.

Ander inwoners was egter meer simpatiek. “Ek dink solank die vrystelling geldig is en hulle geldige redes het, sien ek nie ʼn probleem daarmee nie,” het Morteza Yari gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

marius ·

Vryheid van keuse is nie meer van toepassing nie ? Loop bars .

ES ·

Maar die inentings verhoed dan nie verspreiding nie… so wat maak dit nou eintlik saak? Ek en my vrou is altwee ten volle ingeent maar het nogsteeds COVID gekry en ander ingeente mense het dit ook by ons opgetel voordat ons besef het ons het dit.

So of hy ‘n inenting kry of nie, hy kan nogsteeds COVID kry en versprei, dit maak geen verskil nie.

Juan ·

Sy sin is waar. Meer ingeente mense het Omicron gekry as oningeente mense

tweeling ·

En jy het die wetenskaplike bewyse daarvoor, mooi gedoen!

SlinkseKoljander ·

Inenting keer net dat jy nie in die hospitaal beland nie, baie eenvoudige verduideliking vir jou Robert

Johnny ·

Jou inspuitingstatus het steeds geen effek op of risiko vir 3de partye nie, en as sulks is daar geen rede om dit af te dwing nie.

Johannes_64 ·

Nou waar kry die mense die statistiek van mense wat ingeënt of nie ingeënt is nie wat in die hospitale is?

VaalDonkie ·

netcare het net nou die dag sttistieke bekendgemaak en darvolgens was ‘n derde van die covid-gevalle in die hospitaal mense wat ten volle gespuit was. En as jy onthou dat in Suid Afrika net een derde van volwassenes ten volle gewaks is, dan beteken dit die wakse keer nie dat jy hospitaal toe gaan nie.

En in elk geval, ons spuit nou nog vir die wilde corona terwyl ons al vier ander intussen gehad het.

Marius ·

Die australiërs is altyd baie begerig om hul titel as “cry babies” te verdedig. Foeitog, al die kleinlike gebrabbel oor ‘n inenting sertifikaat. Die sertifikaat nog die inenting kan nie covid keer nie.

Pofadder ·

Daar was ‘n redelike reel in plek, en Novak het dit probeer omseil. Vir my lyk dit meer asof hulle nog ‘n mate van beheer het, anders as hier.

Anel ·

Mooi so. Niemand moet gedwing word om iets teen sy wil te doen nie. Die Aussies is nou kwaad maar hulle het self gesê as hy nie deelneem nie, verloor hulle baie geld. Wat mense nie alles vir geld sal doen nie?

knolle ·

Salute aan hom! En ek het werklik vrede met af duimpies en bitsige kommentaar.

Tanja ·

Ek is so bly “No vac” Djokovic laat hom nie boelie nie,, ek is ook ń VAC FREE ondersteuner

Samuel ·

Ek haal my hoed af vir Djokovic!! Dit is sy reg, sy liggaam.

VaalDonkie ·

Daan, die inspuiting keer nie dat jy COVID vang nie want dit laat jou nie teenliggaampies in jou speeksel maak nie. Ek weet nie waarom dit nie in jou kop kan in nie. Jy is dan veronderstel om intelligent te wees.

Astrain ·

Sy liggaam is sy brood en botter, hy is ‘n professionele sportman, hy kan mos nie net enige twak in sy liggaam inspuit nie?

Karpraat ·

N tipese voorbeeld van almal is gelyk aan die reg maat party is net meer gelyk as ander.

Johannes_64 ·

Die opskrif van die berig is half misleidend, dit moes seker lees “Die “ingeënte” Aussies is woedend”, die res sal ok wees met die situasie.

LANA is ELANè ·

Kommunistiese Australie – die voorloper van wat hulle in ander lande ook wil deurvoer, vryheid van liggaamlike integriteit het sy agterwereld gesien! “I wil not comply” hoop ek is wat Mr No-Vac gaan deursien.

Amelia ·

Die Aussies het suur druiwe omdat hulle polisiestaat hulle almal forseer het om die inenting te kry en nou huil hulle lang trane van afguns oor die onregverdigheid daarvan dat daar uitsonderings gemaak word vir die rykes en beroemdes. Ek voel jammer vir hulle maar hulle toorn is op die verkeerde ou gerig. Hulle moet liewer kwaad wees vir die besluitnemers in hulle regering wat ‘n veer voel vir hulle outonomiteit.

Vrijburger ·

LOL. Min dinge so vermaaklik soos die ‘woke’ brigade se verontwaardige reaksies.

Erik ·

Hoekom moet hy spesiale behandeling kry? Omdat hy ‘n bal beter kan raakslaan as ander wat die land binnekom? Nee wat, wat vir een geld geld vir die res. Mooi so Australië, bly konsekwent.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.