Australië-gesinstragedie: Agt boeties en sussies vermoor

Die eerste polisiebeamptes op die toneel was glo so geskok deur dit wat hulle gesien het, dat hulle gille om 'n ambulans te ontbied in die straat gehoor kon word. Foto: News Corp Australia

Die eerste polisiebeamptes op die toneel was glo so geskok deur dit wat hulle gesien het, dat hulle gille om ‘n ambulans te ontbied in die straat gehoor kon word. Foto: News Corp Australia

ʼn 20-jarige man het Vrydagoggend agt van sy boeties en sussies dood aangetref in hul huis in Cairns in Australië.

Die kinders, tussen 18 maande en 15 jaar oud is met ’n mes doodgesteek.

’n Vrou (34), klaarblyklik die kinders se ma, is met ʼn messteek by die oorledenes aangetref en hospitaal toe geneem. Dit is nog nie duidelik of die tweede volwassene wat ook hospitaal toe geneem is, die kinders se stiefpa is nie, berig news.com.au. Die kinders het na berig word by hul stiefpa gewoon.

Die polisie het gesê die vrou “werk saam met die polisie” tydens hul ondersoek en is “nie in aanhouding nie”.

Die polisie het bevestig geen verdagte word gesoek nie.

Volgens News Corp Australia was die eerste polisiebeamptes op die toneel so geskok deur dit wat hulle gesien het, dat hulle gille om ‘n ambulans te ontbied in die straat gehoor kon word.

Tony Abbott, eerste minister van Australië, het gesê die gebeure is hartverskeurend, veral vir enige ouer.

Bronne: De Standaard, Trouw, news.com.au

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lillian ·

8 kinders … sjoe dis ‘n hele spannetjie … klink my die stiefpa is die skuldige een hier …

Joe64 ·

‘n Boetie van 20 het op die agt afgekom, so dit was minstens nege!
Meswonde gee selde die naam van die verdagte, so ons gee die polisie maar hin rukkie om te ondersoek voor ons kan oordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.