Australië stuur beamptes na MH17-toneel

Een van die grootste wrakstukke wat opgespoor is Foto: Phil Black, CNN

Een van die grootste wrakstukke wat opgespoor is Foto: Phil Black, CNN

Tony Abbott, eerste minister van Australië, het Saterdag bevestig daar is steeds menslike oorskot op die toneel waar Vlug MH17 van Malaysia Airlines neergestort het.

Meeste van die 298 mense wat dood is toe die vliegtuig glo neergeskiet is, was Nederlanders, maar daar was ook 28 Australiërs aan boord.

Abbott stuur 190 beamptes van die federale polisie en ʼn aantal soldate van Australië na Nederland om aan ʼn operasie deel te neem om die toneel in Oekraïne te beveilig. “Beamptes van Australië het Vrydag reeds toegang tot die toneel bekom,” het hy gesê. “Daar is steeds menslike oorskot in die gebied.”

Op ʼn vraag of hy bekommerd is oor die gespanne situasie in Oekraïne, het hy dit benadruk dat dit slegs ʼn humanitêre sending is en dat hulle nie betrokke wil raak in die politieke situasie in Oos-Europa nie. “Ons enigste kommer is om die oorskot van die afgestorwenes te eis en hulle huis toe te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.