Die jarelange raaisel oor die identiteit van die programmeerder is Maandag opgelos toe ʼn rekenaarwetenskaplike van Australië uiteindelik bevestig het hy is die skepper daarvan.
Craig Steven Wright het kriptografiese bewyse van sy outeurskap aan die BBC, The Economist en GQ Magazine verskaf, net voor hy dit op sy webjoernaal gepubliseer het.
Bitcoin is vir die eerste keer in 2008 vrygestel deur ʼn programmeerder onder die skuilnaam Satoshi Nakamoto.
Wired-tydskrif en die webwerf Gizmodo het in Desember gesê Wright is vermoedelik die skepper van Bitcoin.
Lees meer: The Economist
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Ek wonder of hy openbaringe in die bybel ken , hy help om dit te be spoedig .
Stem saam George,Google bespoedig dit ook
onthou bitcoin kan nie geroof of gesteel word nie , mssr hulle kan die merk op jou hand wil sit om te koop met dit
Is DIT nou uiteindelik die “merk”? Eers was dit bankrekeningnommers, toe was dit kredietkaarte, toe was dit EFT, toe was dit PIN-kaarte, en nou is dit Bitcoin? *sug*
Briljante man met briljante idees! Glo my dit gaan groei en op die ou einde DIE manier wees om met geld te werk.