Australiër erken hy het Bitcoin-geldeenheid geskep

Craig Steven Wright Foto: DrCraigWright.net

Craig Steven Wright Foto: DrCraigWright.net

Die jarelange raaisel oor die identiteit van die programmeerder is Maandag opgelos toe ʼn rekenaarwetenskaplike van Australië uiteindelik bevestig het hy is die skepper daarvan.

Craig Steven Wright het kriptografiese bewyse van sy outeurskap aan die BBC, The Economist en GQ Magazine verskaf, net voor hy dit op sy webjoernaal gepubliseer het.

Bitcoin is vir die eerste keer in 2008 vrygestel deur ʼn programmeerder onder die skuilnaam Satoshi Nakamoto.

Wired-tydskrif en die webwerf Gizmodo het in Desember gesê Wright is vermoedelik die skepper van Bitcoin.

Lees meer: The Economist

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

George ·

Ek wonder of hy openbaringe in die bybel ken , hy help om dit te be spoedig .

Gert ·

onthou bitcoin kan nie geroof of gesteel word nie , mssr hulle kan die merk op jou hand wil sit om te koop met dit

MissDemeanor ·

Ai oom Gert. Jy weet duidelik nie hoe werk bitcoins nie. Jy het nie ‘n merk op jou hand of enige plek nodig nie. Dit is digitaal, amper soos die geld in jou bankrekening of PayPal rekening…maar bietjie anders. Moenie worry nie, die einde gaan inelkgeval kom, dit was nog altyd oppad.

Paul ·

Is DIT nou uiteindelik die “merk”? Eers was dit bankrekeningnommers, toe was dit kredietkaarte, toe was dit EFT, toe was dit PIN-kaarte, en nou is dit Bitcoin? *sug*

EMK ·

Briljante man met briljante idees! Glo my dit gaan groei en op die ou einde DIE manier wees om met geld te werk.

Fllip ·

Kan iemand wat weet wat ” bitcoin ” behels dalk vir die wat nie weet nie verduidelik wat dit is ? asseblief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.