Australiese ooskus oorstroom weer

Oorstromings in Camden buite Sydney. (Foto: Muhammad FAROOQ / AFP)

Duisende Australiërs is Sondag aangesê om hul huise in Sydney te ontruim terwyl swaar reën oor dié stad uitsak.

Die Warragamba-dam het in die vroeë oggendure reeds begin oorloop terwyl oorstromings aan die buitewyke van Sydney aangemeld is.

In Camden, ’n suidwestelike voorstad van Sydney met meer as 100 000 inwoners, is plaaslike winkels en ’n vulstasie deur vloedwater oorstroom.

“Dit is ’n lewensgevaarlike noodsituasie,” het Stephanie Cooke, minister van nooddienste vir die staat Nieu-Suid-Wallis, aan verslaggewers gesê.

Die Australiese nooddienste moes reeds 29 reddingsoperasies uitvoer en is in die afgelope 24 uur meer as 1 400 keer uitgeroep, het Cooke gesê.

Oorstromings in Camden buite Sydney. (Foto: Muhammad FAROOQ / AFP)

Nog swaar reën sal oor die volgende paar dae in Australië se grootste stad uitsak. Volgens Cooke kan die situasie enige tyd vinnig verander en inwoners “moet bereid wees om op kort kennisgewing gebiede te ontruim”.

Cooke versoek diegene wat aan Australië se ooskus, noord sowel as suid van Sydney, woon om eerder hul skoolvakansiereisplanne te kanselleer as gevolg van die weer.

Maroela Media het vroeër berig 20 mense is in Maart aan die Australiese ooskus dood weens grootskaalse vloede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.