Australiese oumagrootjie sterf ná polisie haar skok

Clare Nowland (Foto: Twitter)

’n 95-jarige vrou van Australië is Woensdag dood nadat ’n polisiebeampte haar ’n week gelede by ’n versorgingsoord in die suide van Nieu-Suid-Wallis geskok het.

Die voorval het ’n herrie in Australië ontketen en selfs internasionale nuusmedia gehaal.

Clare Nowland, ’n demensielyer en oumagrootjie, is die afgelope week in ’n kritieke toestand in ’n hospitaal behandel sedert sy verlede Woensdag met ’n elektriese skoktoestel by die Yallambee Lodge-versorgingsoord in Cooma, sowat 114 km suid van Canberra, geskok is.

Nowland het weens die skok geval en skedelbreuk opgedoen.

Personeel het polisiebeamptes verlede Woensdag in die vroeë oggendure na die versorgingsoord ontbied nadat Nowland omstreeks 04:00 met ’n mes in haar hand rondgedwaal het.

Polisiebeamptes het Nowland glo gemaan om die mes te laat val. Dit is toe dat Nowland “teen ’n stadige pas” met haar loopraam in die rigting van die polisiebeamptes beweeg het en een beampte haar met die skoktoestel bygedam het.

Die konstabel (33) is intussen met betaling geskors en van verskeie aanklagte van aanranding aangekla. Hy verskyn vroeg Julie in die hof.

’n Woordvoerder van die Nieu-Suid-Wallis-polisiediens (NSW) sê Nowland was ten tyde van haar dood in die hospitaal “omring deur familie en geliefdes”.

Sy word oorleef deur 24 kleinkinders en 31 agterkleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

kommentaar ·

Die polisie persoon se opleiding was duidelik van n swak gehalte, en sy lewenservaring en algemene kennis het hom gruwelik in die steek gelaat. Ek hoop hy verloor sy werk

Vlooitjie ·

Ja heel moontlik maar dit klink of jy dink die optrede was geregverdig?

Harley Davidson ·

Die polisie word so gebreinspoel om dinge volgens die boek te doen dat niks oorgelaat word vir “commin sence “nie baie hartseer en n probleem wat aangespreek moet word.

Johan ·

Die Polisie Staat slaan weer toe….daardie land is n tronk. Sterkte vir julle wat daar gaan woon het.

Samuel ·

Die SA’ners wat daar woon is BAIE gelukkig in daardie tronk, dankie.

anko ·

Ek was nou in Australie met vakansie by familie. Hulle politiek is ook aan die verander veral in Victoria. Ek bly eerder hier waar ons al bekend is aan julle weet wat. Hulle gaan nog leer en gewoond raak. Indien ek sou oorweeg sal dit Wes Australie wees

JvR ·

Ook maar goed die opskrif het gese Australie. Mense dink mos SA is uniek met sy probleme. Een van die hoof kwalifikasies om in enige land uniform te mag dra, is om die vermoë om vir jouself te dink, af te sweer.

Beukes ·

Dit is omdat die liberale wereld wereldwyd die polisie al hoe meer pateties gemaak het dat selfs n polisieman nie die guts het omn 95jarige met `n mes te ontwapen nie… Die polisie moet weer polisie word. 30 Jaar terug sou die gemiddelde Suid Afrikaanse persoon die ouma se mes sonder veel probleme kon afneem al was hul geblindoek.

Rooi rissie ·

Ek stem saam jou. Dis uiters swak van die polisie om n weerlose ou mens op daardie wyse te hanteer het. Watse bedreiging was die arme tannie dan gewees dat dit noodsaaklik was vir die polisie om haar te skok? Ek hoop daardie polisieman verloor sy werk want dis totaal onaanvaarbaar wat hy gedoen het.

Yolandie ·

Growwe misbruik van mag deur ‘n polisie beampte wat nie nodig gehad het om die tannie te skok nie. Asb vertel my watter gevaar ‘n tannie in ‘n loop raam (al het sy ‘n mes in haar hand gehad) nou eintlik gehad het vir meer as een beampte – ek is seker nie net een beampte het opgedaag nie.

Anneli ·

Die Oumatjie met haar loopraam, was so ‘n bedreiging vir die personeel dat dit nodig was om die polisie in te roep en sy geskok moes word???

ES ·

Swak opleiding van polisiebeamptes is die wortel van hierdie probleem. Sy was ‘n demensielyer en het waarskynlik nie eers geweet wat om haar aangaan nie. Swak en hartseer.

Natasha ·

So ‘n 33 jarige man kan nie ‘n 95 jarige vrou ontwapen sonder ‘n skoktoestel nie?

bolletjie blom ·

Dit is nie asof die tannie hom gejaag het met die mes nie. Sy het stadig geloop met haar loopraam. Hy kon dit heel anders hanteer het.

Sandra ·

Ongelooflik. Mnr die polisieman, die tannie het aan demensie gely en waarskynlik nie eens geweet wat sy doen nie. Dit is skandelik nie net die versorgingsoord nie, maar ook jy aan haar gedoen het. Met haar loopraam na jou toe geloop en jy het haar as ‘n bedreiging gesien. Jy kon waarskynlik net na haar toe geloop het en die mes gevat het, so ook die versorgingsoord. Ek het nou die aan iets soortgelyks op Youtube gesien van die polisie wat met ‘n bejaarde vrou wat nie kan asemhaal nie, handgemeen geraak het en hard hanteer het nadat die hospitaal waar sy ontslaan was, hulle gebel het om haar van die terrein af te kry. Sy is agter in die polisiekar dood. Waarnatoe gaan die wereld?

Danie ·

Dis so onnodig. Wat sou die tannie nou teen hom kon doen? Hy kon die mes afgeneem het sonder geweld

Nommer 7 ·

Dit sou haar seker so 10 sekondes neem om haar hand op te lug en dan na iemand met die mes te steek, terwyl sy met haar ander hand aan haar loopraam vashou!! Die polisieman het net ‘n nanosekonde gehad om ‘n besluit te neem!!

Vlooitjie ·

Hierdie tipe ding laat mens net besef hoe ongelooflik waansinnig die wêreld geword het. Op 95 is ek fairly sure as 1 mens haar aandag afgetrek het kon n ander die mes afgeneem het sonder dat enigiemand seer hoef te kry. Hoe in jou eie kop regverdig jy as 33 man dat jy n ou tannie taze? Ek laat my nie vertel hy het bedreig gevoel nie. Dit meneer, define watse tipe man jy is…

JohanR ·

Daai Australier polisie is amper soos die Gestapo. Dis nie die eerste keer dat hulle soe optree nie.

Kobus ·

Hoe kon die betrokke polisieman voorsien dat die vrou haar kop sou stamp, wat haar dood veroorsaak het? Die reaksie teen polisie-optrede is wêreldwyd so uit verband geruk, dat wetstoepassers moet draaie loop om die vingerwysery vry te spring. Wee die polisieman as hy die dame oorrompel het om die mes af te vat! Dan was hy weer ‘n boelie en ‘n oumens-mishandelaar. Die wêreld het gek geword.

Delia ·

Hoe kon hy dit nie voorsien??? 95 jaar oud, loop met n loopraam. Skok haar 2 keer, hoeveel volts is deur haar liggaam. En niemand vang en ondersteun haar toe sy val. Skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.